Tuisskool vir voorskoolse kinders- Hulpmiddele
Toe ek begin het om hulpmiddele te soek het ek `n paar vereistes gehad:    Dit moes eenvoudig wees  Dit moes ouderdom gepas wees   Een boek wat verskeie areas dek   Ons het vir gr R die volgende gebruik:  Bybel             Ons lees elke dag uit hierdie Bybel en dit volg die Bybelse volgorde. Dit dek die Ou en Nuwe testament en behels nie net stories van bekende Bybelfigure nie.      Hierdie flitskaarte is `n lekker byvoeging en om kinders vragies oor te vra.     Wiskunde, lees en skryf     Hierdie boek was wonderlik. Die bevat regtig alles op `n eenvoudige wyse. Daar is egter geen kleur in nie, wat dit dalk vervelig kan maak vir sommige kinders.      Ekstra materiale vir temas ens.    Gratis aflaaibaar vanaf die Onderwysdepartement se webtuiste          Loer gerus ook na my temalys van 50 temas om idees te kry.  Ons verkies dit om skool eenvoudig te hou.  Daar is `n magdom keuses daarbuite maar hierdie is wat ons gebruik het.   Groete Mamma S