Soos ek in 'n vorige post ( kliek hier om dit te lees ) gesê het, doen ons Baby Led Weaning (BLW). Ek gee kos op sy bordjie/tafeltjie en voer hom glad nie.   Hier is 'n paar van die goedjies wat ek gebruik en verfyn het tot die nodigste met #3.   Stoeltjie/tafel  Baba moet 'n stewige stoel met skinkbord hê om by te eet of by die tafel saam met ander.            Bib/ Borslap  Verkieslik een wat die kos gaan opvang want in die begin is hulle hand tor mond koördinasie maar twyfelagtig.     Bord/ bakkie  As jy kan, vergeet van 'n bord, maar as die bord behoorlik klou op die tafel sal ek dit aanbeveel want die lippie van die bord/bakkie help klein vingertjies wat nog oefen om kos te vat.          Lepel  Gebruik van die begin af regte eetgerei so ver moontlik.  Ek verkies egter in die begin om 'n metaallepel met sagte bakkie voorkant te gee.      Vurk  Koekvurkies is 'n wenner of die een wat jy saam met jou lepel gekoop het.      Beker, bottel, glas  Ons probeer so go...