Wat beteken Stroom-op?




Toe ek moes besluit het oor `n naam vir my blog het ek baie gedink oor wat gepas sal wees vir die artikels wat ek hier wil deel. Die artikels wat ek hier wil deel is alles oor ons leefwyse teen en sienswyse van hierdie wêreld en ook oor ons geloof in Jesus Christus. 

Die Bybel se dat ons in hierdie wêreld is, maar nie van hierdie wêreld is nie. Dit beteken dat ons hier in dié wêreld bly, maar dat ons nie soos die wêreld moet leef nie.

Om stroom-op te lewe beteken om teen die wêreld te leef. Wanneer die wêreld iets navolg is dit wys om eerder die Bybel te volg al beteken dit dat die pad moeiliker sal wees.

Om stroom-op te lewe beteken teenkanting van die wêreld. Self mense wat hulself Christene noem sal jou leefwyse en geloof bevraagteken of selfs aflag as iets simpels.

Om stroom-op te lewe beteken dat die wêreld nie jou leefwyse sal verstaan nie of enigsins `n poging sal aanwend om jou te probeer verstaan nie.

Die Bybel sê in 1Joh 2:5
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.”

Hierdie wêreld en alles daarin is deur God geskape. Ons moenie die die dinge van hierdie wêreld liefhê nie, want eerstens gaan dit net hier agterbly as jy doodgaan, tweedens kan dit `n struikelblok wees vir jou geloof om te groei en laastens kan dit veroorsaak dat ons heeltemal die Bose en sy dinge begeer as om die Skepper te volg.

Ons leef stroom-op deur:

  • ·        In Jesus Christus te glo;

  • ·        `n wedergebore lewe te probeer lei;




  • ·        Nie die gewoontes van die heiden nasies aan te leer nie      (ons liggame te verniel deur tattoos en “piercings”, afgode as versierings);


  • ·        te glo God is die een wat genees en die allopatiese middels nie `n wonderkuur is nie;



Hierdie is nie `n volledige lys nie, maar dis `n goeie vertrekpunt.  As jy die dinge op die lysie volg, kan jy maar vir seker weet dat jy teenkanting in hierdie wêreld gaan kry. 

Jesus sê in Joh 15:20 :
“Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: “`n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg....”
Ons moet teenkanting verwag en dis reg so. Die duiwel sal jou nie pla as jy nie teen hom werk nie. Mag God se woord `n lamp vir ons voet en `n lig vir ons pad wees in hierdie donker wêreld en mag God se lig deur ons skyn.

Groete MammaS

Comments

  1. Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal hopeloos gevoel het. Ek was vir 9 jaar na my huwelik kinderloos, en ek het amper moed opgegee om ooit ’n ma te word.
    Toe is ek aan Priester Larry voorgestel. Hy het vir my gebid en my verseker dat ek binne een maand swanger sou raak. Tot my grootste verbasing het sy woorde waar geword—ek het net een maand later swanger geraak.
    Vandag is my hart gevul met vreugde en dankbaarheid. Woorde kan nie volledig beskryf hoe ek voel nie. Nie net ek nie, maar sommige van my vriende ervaar ook dieselfde seëninge deur hom.
    As jy met onvrugbaarheid, verhoudingsprobleme, huweliksprobleme, skeidings, egskeiding of enige ander uitdagings te doen het, voel vry om hom op WhatsApp te kontak: +2349046229159
    doctorlarry268@gmail.com
    Hy is ’n vriendelike en opregte man wat altyd gereed is om te help.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas