Na-geboortelike sorg vir Mamma
Nuwe mammas sal baie op lees oor geboorte en babasorg en selfs voorgeboorteklasse bywoon maar mammas word dikwels min tot geen inligting gegee oor na-geboorte nie. Jou liggaam het nou net geboorte gegee aan `n mensie. Ongelooflik! Maar wat nou? Wat het jy nodig? Hoe wend jy dit aan? Wie kontak jy as jy vrae het?
Ek gaan poog deur die loop van `n paar post om van hierdie vrae te beantwoord.
Kom ons begin deur voorbereiding.
Wat het jy nodig na geboorte?
Hier is `n handige aftiklysie wat jy as babis kan gebruik. Voeg gerus nog goedjies by.
- Pynmedikasie vir na-pyne veral na `n 2de kind se geboorte
 - Doekies - lap of weggooidoekies (Lees gerus meer oor lapdoekies hier)
 - Gemaklike broekies of weggooi onderklere
 - Witch Hazel in `n spuitbotteltjie (Lees asb meer hieroor)
 - Leë koeldrankbotteltjie met `n spuitprop soos `n Poweradebottel (Lees meer hieroor)
 - Arnica D6 tablette
 - Rescue remedy
 - Sout vir bad
 - Vitamienes wat jy tydens swangerskap gedrink het
 - Ryssakkie vir hitte
 - Koue sakkie
 - Tepelsalf
 - Borsvoedingskussing of `n gewone kussing (Party mammas vind dit handig, ander kom reg sonder dit)
 - Waterbottel
 - Peuselgoed
 - Drasak- verkieslik `n wrap (buidelsak)
 
As jy hierdie goedjies het, is jy al goed oppad om `n makliker herstel te hê.
Wat sal jy wil byvoeg by die lysie?
Groete Mamma S
Comments
Post a Comment