Geboorte storie van Baba #3

My eerste kind se geboorte was 5 ure, 2de kind se maklike geboorte was net so 2 ure en toe kom die derde een
Ek het al gehoor dat by die derde kind se geboorte gaan kraam al baie vinniger.

Wel ek is hier om jou te waarsku om nie jou ore uit te leen nie. Elke kind is uniek. En elke geboorte ook.

Ek was 40 weke en 5dae swanger met #3 toe my water breek. Dit was 15:15.
My man besluit toe dat ons nou dadelik hospitaal toe gaan want my vorige geboorte was so vinnig en maklik.

By die hospitaal het hulle my ondersoek en ek was 'n volle 2cm ontsluit met 'n koppie wat baie hoog sit.

Wel nou is dit 'n wedren teen die horlosie. Ek het volgens hospitaalbeleid net 24 uur om die babatjie uit te kry of dit word 'n keiser. Die rede wat die hospitaal aanvoer is om infeksie te voorkom.

Ek het sterk kontraksies gehad maar baie ongereeld. Ons het toe maar om die hospitaal gaan stap. En stap. En stap.

Teen 23:00 was daar geen vordering nie. 1:00 is ek kraamkamer toe en hier sou ons nie uit tot daardie babatjie sy verskyning maak nie.

Ek het die heelnag kontraksies gehad en teen skofruiling 7:00 Sondagoggend was daar geen verandering nie. Daar is toe besluit op induksie want onthou my water het al gebreek en 'n droë geboorte of keiser lê vir my en wag.

My dokter het 11:00 daar aangekom om induksie te gee maar besluit toe daar teen omdat ek nou 4cm was en dus in aktiewe kraam. Wel dan stap ons hom uit. Teen 15:00 die middag, 24uur vandat my water gebreek het, het die dokter besluit dat aangesien ek in kraam is, hulle my die voordeel sal gee om normaal te kraam.

18:00 Die aand, met sterk kontraksies en geen vordering het die dokter besluit om 'n spierverslapper toe te dien.

20:00 was ek 7 cm en hier is waar alles vir my deurmekaar begin word het. Die dokter het besluit om my water te breek. Wat?? Jip my water te breek.

As jy nou deurmekaar is, toemaar ek was ook. Blykbaar het my water weer geseël. En dit kan gebeur maar omdat ek al oor 40 weke swanger was, was dit eintlik onwaarskynlik. Maar DIT HET.

Die dokter breek toe my water en nou wag ons. Ek skuif na die bal en byt vas met elke kontraksie. 30 min later, voel ek hoe baba afkom, nee afskiet. Ek staan instinktief op en sê: "Hy kom".

En die volgende toneel sal ek nooit vergeet nie. Die dokter en verpleegsters sê toe dat ek op die bed moet klim. Ekskuus. Daar is 'n kop tussen my bene en julle wil hê ek moet op die bed klim. Hoe?

Wel ek is daar op en toe vind ons uit meneertjie se skouer sit vas. Ja nee asof dit nie al 'n lang genoeg kraam was nie. Die dokter haak toe maar haar vinger onder sy skouer in en daar is hy uiteindelik gebore. 2,9kg en 52cm lank.

20:41, net 29 uur en 26 minute nadat my water gebreek het.

Welkom baba #3.


Comments

  1. Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal hopeloos gevoel het. Ek was vir 9 jaar na my huwelik kinderloos, en ek het amper moed opgegee om ooit ’n ma te word.
    Toe is ek aan Priester Larry voorgestel. Hy het vir my gebid en my verseker dat ek binne een maand swanger sou raak. Tot my grootste verbasing het sy woorde waar geword—ek het net een maand later swanger geraak.
    Vandag is my hart gevul met vreugde en dankbaarheid. Woorde kan nie volledig beskryf hoe ek voel nie. Nie net ek nie, maar sommige van my vriende ervaar ook dieselfde seëninge deur hom.
    As jy met onvrugbaarheid, verhoudingsprobleme, huweliksprobleme, skeidings, egskeiding of enige ander uitdagings te doen het, voel vry om hom op WhatsApp te kontak: +2349046229159
    doctorlarry268@gmail.com
    Hy is ’n vriendelike en opregte man wat altyd gereed is om te help.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas