Eerste kossies vir baba (Baby Led Weaning)

Vanaf geboorte tot en met 6 maande is voeding vir babas heel eenvoudig: melk. Maar teen die halfjaar-merk begin die vrae opduik; Wat gee ek vir my baba? Hoelaat gee ek vir my baba kos? Hoe gee ek my baba kos? Wat van allergieë? 

As dit kom by voeding van babas ouer as 6 maande is daar `n vurk in die pad. Die een roete is die alombekende metode van fyn kossies(puree), beginnende met oranje groente en dan werk jy so deur die kossoorte en teksture. 

Daarteenoor is die minder bekende paadjie van eet regte kos. (Baby Led Weaning). Met die metode gee jy vir baba kos wat sag genoeg is om met jou vingers te kan fyn druk maar in sy heel vorm. Dink hier aan slaptjip vorm. Die idee is dat babas van die begin af teksture leer ken, kou en sluk bemeester en kos in `n meer natuurlike vorm waarneem. 


As ons na die tabel hierbo kyk, kan jy sien daar is 'n baie groot verskil tussen die metodes. Ek sal aanraai dat jy kies wat die beste vir julle gaan werk en oplees daaroor.

Gaan besoek gerus groepe op facebook of blaaie op instagram om meer te leer oor jou spesifieke metode.

Ek het vir my eerste 2 kinders Baby led weaning gedoen en sal dit ten sterkste aanbeveel. My kinders eet alles. Geen tekstuur probleme of fiemies nie. Hulle eet groente rou of gaar. Hulle weet hoe kos natuurlik lyk en dat dit nie net 'n "mush" is nie.

Ek gaan in die toekoms bietjie meer info gee oor BLW en wat vir ons werk. Laat weet asb wat vir jou werk, dan leer ons almal saam.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies