Spaar op jou kruideniersware

In die verlede het ek baie fyn beplanning gedoen en `n hele maand se etes en inkopies vooraf gedoen.

En toe kry ek kinders...

en daar verander alles.

 Dis baie moeilik om kos vir `n hele maand te stoor as jy nie genoeg kaste, yskas spasie en `n kis-vrieskas het nie. Ek was in daardie bootjie en spoedig op pad om te sink met al die voorraad wat ek elke maand moet inpas êrens.

Ek het van die term "shelf cooking" (kook uit die kas) gehoor en dit het dadelik met my geresoneer. 

Die basiese opsomming is dat jy maaltye beplan rondom wat jy in die huis beskikbaar het en net die paar bestanddele wat kort aankoop. 

Ek het die idee van "kook uit die kas" so bietjie verander sodat dit by ons lewe kan inpas. Hier is `n opsomming van hoe ons tans spyskaart en inkopie beplanning doen.


1. Ek loer in my kaste, yskas en vrieskas en maak `n opname van wat beskikbaar is.

Om die opname proses vinniger te maak, het ek `n kontrolelysie wat ek elke week vinnig deur werk van al die kruideniersware wat ek op hande behoort te hê.

Die lysie van die produkte wat ek dan op hande het, is waarmee ek my etes bou. 

2. Ek skryf `n lysie van peuselgoed, 10 etes (middag/aand) vir 1 week neer.

Ek vat nou die begenoemde lysie en skryf al die peuselhappies en etes neer wat ek daaruit kan maak. 

3. Skryf al die bestanddele neer wat kort

Soos ek my etes uitwerk, skryf ek ook `n lysie van al die bestanddele wat ek nog kort neer. 

4. Inkopietyd

Ek het `n sekere vaste bedrag geld per week vir kruideniersware bv. R500.

Ek koop alles op die lysie wat kortkom vir die week en die res van my week se geld word gebruik om meer te kan koop van iets wat op uitverkoping is. Gestel ek moet grondboontjiebotter koop vir die week maar ek sien dat dit op uitverkoping is teen `n goeie prys, dan koop ek 3 van dieselfde produkte wat dan weer die koskas opvul vir volgende week. 

Let wel ek koop slegs meer van `n produk as nodig as die produk op uitverkoping is. Omdat jy meer as 1 keer per maand in die winkels kom, kan jy ook gebruik maak van meer uitverkopingsaanbiedinge wat die winkels baie maal in die middel van die maand plaas. 

5. Byt vas vir die week

Indien julle tydens die week uit `n produk uit hardloop, is dit moontlik om vir `n paar dae die ongerief te verduur. Omdat jy weekliks in pleks van maandeliks aankope doen is die dringendheid om nou iets te vervang, nie meer daar nie.  Julle kan vasbyt vir die week en dit dan op volgende week se lysie sit. 

Hoop dit kan ander mammas ook help.


Groete Mamma S




Comments

  1. Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal hopeloos gevoel het. Ek was vir 9 jaar na my huwelik kinderloos, en ek het amper moed opgegee om ooit ’n ma te word.
    Toe is ek aan Priester Larry voorgestel. Hy het vir my gebid en my verseker dat ek binne een maand swanger sou raak. Tot my grootste verbasing het sy woorde waar geword—ek het net een maand later swanger geraak.
    Vandag is my hart gevul met vreugde en dankbaarheid. Woorde kan nie volledig beskryf hoe ek voel nie. Nie net ek nie, maar sommige van my vriende ervaar ook dieselfde seëninge deur hom.
    As jy met onvrugbaarheid, verhoudingsprobleme, huweliksprobleme, skeidings, egskeiding of enige ander uitdagings te doen het, voel vry om hom op WhatsApp te kontak: +2349046229159
    doctorlarry268@gmail.com
    Hy is ’n vriendelike en opregte man wat altyd gereed is om te help.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas