Na-geboorte naelstring versorging
Ek dink een van die dinge wat alle mammas pla van pasgebore babas is die ou naelstring stompie wat in die pad is. Jy sukkel met doek omruil of klere wat daaraan vashaak. En in sommige gevalle kan die naelstring stompie ook infeksie kry. Maar wat kan jy doen om die naelstring te versorg?
Hier is `n paar wenke as dit by die versorging van die naelstring kom:
(LW! Ek is nie `n mediese dokter nie, net `n mamma wat haar ervaring met 3 kinders en die ervarings van ander mammas met julle deel)
1. Hou die naelstring droog. Laat die kleinding soveel as moontlik oop wees. Lê hom in `n sonkolletjie waar die son deur `n venster skyn.
2. Probeer om hom nie te bad totdat die naelstring af is nie. Gebruik eerder `n sponsie of `n waslap om baba net af te vee.
3. Gebruik Witch Hazel (sonder alkohol) (beskikbaar by enige apteek) om aan te smeer wat help om die naelstring uit te droog en vinniger te laat afval.
4. Daar is ook studies wat wys dat borriepoeier sterk anti-inflammatoriese eienskappe bevat. Deur borriepoeier op die naelstring te sit kan ook help om infeksie te voorkom.
5. Moet onder geen omstandighede die naelstring knyp of knip nie. Dit kan moontlike infeksie of bloeding veroorsaak.
Is daar nog iets wat jy kan byvoeg, wat vir julle gehelp het? Laat weet ons asb in die kommentaar hieronder, dan kan ons almal bymekaar leer.
Groete MammaS

Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal hopeloos gevoel het. Ek was vir 9 jaar na my huwelik kinderloos, en ek het amper moed opgegee om ooit ’n ma te word.
ReplyDeleteToe is ek aan Priester Larry voorgestel. Hy het vir my gebid en my verseker dat ek binne een maand swanger sou raak. Tot my grootste verbasing het sy woorde waar geword—ek het net een maand later swanger geraak.
Vandag is my hart gevul met vreugde en dankbaarheid. Woorde kan nie volledig beskryf hoe ek voel nie. Nie net ek nie, maar sommige van my vriende ervaar ook dieselfde seëninge deur hom.
As jy met onvrugbaarheid, verhoudingsprobleme, huweliksprobleme, skeidings, egskeiding of enige ander uitdagings te doen het, voel vry om hom op WhatsApp te kontak: +2349046229159
doctorlarry268@gmail.com
Hy is ’n vriendelike en opregte man wat altyd gereed is om te help.