Posts

Showing posts from December, 2020

Maklikste en lekkerste koekies vir kinders

Image
Hierdie koekies is regtig maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Die kinders kan ook met liefde van die deeg eet omdat dit geen eier bevat nie. Bestanddele:  1 kp botter of goeie margarien 1/2 kp maizena of mielieblom 1/2 kp versiersuiker knippie sout  2 kp koekmeel Metode: Meng saam met die sagte botter die versiersuiker, mielieblom en sout by.  Voeg die helfte van die meel in en meng. Voeg die orige meel bietjie vir bietjie by tot die deeg nie meer taai is nie. Laat deeg in yskas rus vir ten minste `n half uur.  Kan ook gevries word vir latere gebruik. Rol deeg uit en druk vorms.  Bak by 180* C tot ligbruin. Laat afkoel op afkoelrak.