Posts

Showing posts with the label Koevertstelsel

Koevertstelsel- Finansies

Reeds as kind het my ouers my goeie finansiële advies gegee: “ Dis maklik om geld te maak, maar dis `n kuns om geld te hou”. Hoe waar is daardie stelling nie vandag nie. Elke Jan, Rap en sy maat is in die skuld. Hetsy karskuld, studielenings, korttermynlenings of selfs `n klererekening. Ja, jou klererekening is skuld.  Die Bybel is baie duidelik oor skuld. In Spreuke 22 vind ons die volgende vers: 7 “Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is `n slaaf van die man wat uitleen”. Dit is hieruit duidelik dat as jy aan iemand geld skuld, is jy `n slaaf van daardie persoon of instansies. Dink mooi, as jy more jou inkomste sou verloor, wie gaan almal bakhand staan voor jou deur? Met dié Bybelvers in gedagte, het ons mooi besin hoe ons as gesin met ons geld te werk moet gaan om goeie rentmeesters te wees. My pa sê altyd: “ Kontant is koning” en ons het dit al telkemale gesien waar te wees. Maar in vandag se tyd kan jy nie jou hele salaris gaan trek en met `n vetges...