Posts

Showing posts from May, 2021

Maklike sjokolade resep

Image
 As jy dink dat jy nie kan sjokolade maak in die gemak van jou eie huis nie, dink weer. Hierdie resep is so maklik en boonop heerlik daarby.  Net 3  bestanddele is nodig om die smelt-in-jou-mond sjokolade te maak.  Resep: 1/4 kp heuning 1/4 kp klapperolie 1/2 kp kakaopoeier Metode: Plaas klapperolie in ñ bak en verhit tot loperig. As dit reeds loperig is by kamertempratuur, kan jy net voortgaan.  Voeg nou heuning by en meng.  Voeg nou kakaopoeier bietjie vir bietjie by totdat dit ñ dikkerige maar loperige affêre is.  Gooi nou in vorms soos verlang.  Plaas in vrieskas tot heeltemal hard.  Stoor in vrieskas.  Nota oor vorms: Die beste vorms is sjokolade vorms van silikon wat maklik uitdruk maar ñ ysbakkie met silikon bodems is ook maklik om te gebruik en goedkoop om aan te skaf.  Groete MammaS