Posts

Showing posts from May, 2022

Spaar op jou kruideniersware

Image
In die verlede het ek baie fyn beplanning gedoen en `n hele maand se etes en inkopies vooraf gedoen. En toe kry ek kinders... en daar verander alles.  Dis baie moeilik om kos vir `n hele maand te stoor as jy nie genoeg kaste, yskas spasie en `n kis-vrieskas het nie. Ek was in daardie bootjie en spoedig op pad om te sink met al die voorraad wat ek elke maand moet inpas êrens. Ek het van die term "shelf cooking" (kook uit die kas) gehoor en dit het dadelik met my geresoneer.  Die basiese opsomming is dat jy maaltye beplan rondom wat jy in die huis beskikbaar het en net die paar bestanddele wat kort aankoop.  Ek het die idee van "kook uit die kas" so bietjie verander sodat dit by ons lewe kan inpas. Hier is `n opsomming van hoe ons tans spyskaart en inkopie beplanning doen. 1. Ek loer in my kaste, yskas en vrieskas en maak `n opname van wat beskikbaar is. Om die opname proses vinniger te maak, het ek `n kontrolelysie wat ek elke week vinnig deur werk van al die kruiden