Posts

Showing posts from August, 2018

Natuurlike alternatiewe vir medisyne vir kinders

Image
Ek is nou maar een keer nie `n voorstaander vir medikasie nie. Meeste van kinders se kwale gaan van self weg na `n paar dae. Ek hou definitief my oog op hulle maar gee dit gewoonlik so 3 dae om te kyk of dinge verbeter. Deesdae is die tendens om `n bree spektrum antibiotika te gee en dan te hoop watookal die kind makeer opgelos is. Selfs by die apteek wil hulle nie he jy moet lee hande uitstap nie en baie keer kry jy medisyne waarsonder julle in elk geval sou regkom. Maar hoe nou? Wat is `n alternatief vir allopatiese (sinteties fabriek vervaardigde) medisyne? Natuurlike "medisyne"? Vir kinders? Die antwoord is ja. En daar is so baie oulike alternatiewe natuurlike "medisyne" deesdae maklik beskikbaar as ons weet waarvoor om te soek. Ek het deur my eie navorsing en met my eie geld Pure Herbal Remedies se Kiddies Range probeer en dis al wat ek aanhou vir my kinders. Daar is so groot verskeidenheid beskikbaar en dis in spuitbotteltjies wat baie help wanneer