Natuurlike alternatiewe vir medisyne vir kinders

Ek is nou maar een keer nie `n voorstaander vir medikasie nie. Meeste van kinders se kwale gaan van self weg na `n paar dae. Ek hou definitief my oog op hulle maar gee dit gewoonlik so 3 dae om te kyk of dinge verbeter.

Deesdae is die tendens om `n bree spektrum antibiotika te gee en dan te hoop watookal die kind makeer opgelos is. Selfs by die apteek wil hulle nie he jy moet lee hande uitstap nie en baie keer kry jy medisyne waarsonder julle in elk geval sou regkom.

Maar hoe nou? Wat is `n alternatief vir allopatiese (sinteties fabriek vervaardigde) medisyne?

Natuurlike "medisyne"? Vir kinders?

Die antwoord is ja. En daar is so baie oulike alternatiewe natuurlike "medisyne" deesdae maklik beskikbaar as ons weet waarvoor om te soek.
Ek het deur my eie navorsing en met my eie geld Pure Herbal Remedies se Kiddies Range probeer en dis al wat ek aanhou vir my kinders.

Daar is so groot verskeidenheid beskikbaar en dis in spuitbotteltjies wat baie help wanneer jy nie hoef te sukkel met lepeltjies of spuite ens. nie. Jy kan dit selfs in die kar of in `n vliegtuig toedien.
Dit kan vanaf 6 maande gegee word en my kinders is mal oor die smaak.



Prentresultaat vir pure herbal remedies kiddies range

Die reeks bestaan uit Super strong, Hotty Dotty, Coughy Geoffy, Funny tummy, Snotty Totty en `n Bouncy bunny. (sien hieronder)
Prentresultaat vir pure herbal remedies bouncy bunny
As jy `n alternatief soek vir jou kinders, is hierdie definitief die probeer werd.

Wat is jou gunsteling natuurlike "medisyne"?

Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies