Opdatering van Potty training van geboorte af
Ek is bly om te sê dat Seun1 nie sy eerste verjaarsdag in doeke gevier het nie. Op 11 maande het ons hom heeltemal van die doek afgehaal en dra hy net “potty trainers” in die dag. Hy doen baie goed met die verandering alhoewel hy nog glipse het, gaan hy nie sommer deur meer as 2 “potty trainers” in `n dag nie. Seun1 weet hoe om te wys as hy toilet wil gaan maar hy wys die teken slegs een keer en as jy dit gemis het, is dit nou maar so. Ek het `n oulike boek aangekoop by Bargian Books genaamd “ Nappy free baby ”. Die skrywer stel dinge `n bietjie meer kras as waarmee ek gemaklik is maar dit is `n eenvoudige uiteensetting vir enige iemand wat meer daaroor wil oplees. Die skrywer verduidelik in die boek dat peuters vanaf `n jaar tot en met 15 maande deur `n fase gaan waar hulle minder tekens wys omdat hulle ontwikkeling op die ouderdom baie tyd en gedagtes in beslag neem. Sodra hulle oor die fase is sal jy nie glo hoe oulik hulle is om weer te wys of selfs ...