Posts

Showing posts from October, 2019

Hoe om goed gedoen te kry met 'n nuwe baba

Ek dink vir elke nuwe mamma is een van die grootste uitdagings om steeds die normale goedjies gedoen te kry terwyl jy omsien na 'n nuwe lyfie. Met my eerste kind het ek gewag tot hy slaap en dan soos blits probeer alles gedoen kry. Dit het soort van gewerk totdat hy nie lus was vir 'n lang slapie nie of hy sou so lank huil ek kon net sowel nog 'n halfuur iets doen. Of jy is so moeg en het eintlik 'n slapie saam baba nodig maar besef dan dat jy nie 'n ander tyd het om iets te doen nie. Nou het ek 3 kinders: 'n 4jarige, 'n 2jarige en 'n baba. Ek gebruik nou 'n ander manier van dinge doen. Ek skryf elke oggend gou 'n lysie van dinge om te doen. Ek verdeel die lysie dan in vinnige takies en langer takies. Ek doen dan elke kansie wat ek het 'n vinnige takie en vat dan een van baba se slapies om 'n langer takie te doen. Prakties gewys doen ek die volgende: Baba word wakker. Ek borsvoed hom. Haal sy doek af en laat hom toilet toe gaan. Si

Na-geboortelike sorg vir Mamma

Image
Nuwe mammas sal baie op lees oor geboorte en babasorg en selfs voorgeboorteklasse bywoon maar mammas word dikwels min tot geen inligting gegee oor na-geboorte nie. Jou liggaam het nou net geboorte gegee aan `n mensie. Ongelooflik! Maar wat nou? Wat het jy nodig? Hoe wend jy dit aan?  Wie kontak jy as jy vrae het?   Ek gaan poog deur die loop van `n paar post om van hierdie vrae te beantwoord. Kom ons begin deur voorbereiding.  Wat het jy nodig na geboorte? Hier is `n handige aftiklysie wat jy as babis kan gebruik. Voeg gerus nog goedjies by. Pynmedikasie vir na-pyne veral na `n 2de kind se geboorte Doekies - lap of weggooidoekies ( Lees gerus meer oor lapdoekies hier ) Gemaklike broekies of weggooi onderklere Witch Hazel in `n spuitbotteltjie ( Lees asb meer hieroor ) Leë koeldrankbotteltjie met `n spuitprop soos `n Poweradebottel ( Lees meer hieroor ) Arnica D6 tablette Rescue remedy Sout vir bad Vitamienes wat jy tydens swangerskap gedrink het Ryssakkie vir hi