Na-geboortelike sorg vir Mamma




Nuwe mammas sal baie op lees oor geboorte en babasorg en selfs voorgeboorteklasse bywoon maar mammas word dikwels min tot geen inligting gegee oor na-geboorte nie. Jou liggaam het nou net geboorte gegee aan `n mensie. Ongelooflik! Maar wat nou? Wat het jy nodig? Hoe wend jy dit aan?  Wie kontak jy as jy vrae het?  

Ek gaan poog deur die loop van `n paar post om van hierdie vrae te beantwoord.
Kom ons begin deur voorbereiding. 

Wat het jy nodig na geboorte?

Hier is `n handige aftiklysie wat jy as babis kan gebruik. Voeg gerus nog goedjies by.

  • Pynmedikasie vir na-pyne veral na `n 2de kind se geboorte
  • Doekies - lap of weggooidoekies (Lees gerus meer oor lapdoekies hier)
  • Gemaklike broekies of weggooi onderklere
  • Witch Hazel in `n spuitbotteltjie (Lees asb meer hieroor)
  • Leë koeldrankbotteltjie met `n spuitprop soos `n Poweradebottel (Lees meer hieroor)
  • Arnica D6 tablette
  • Rescue remedy
  • Sout vir bad
  • Vitamienes wat jy tydens swangerskap gedrink het
  • Ryssakkie vir hitte
  • Koue sakkie
  • Tepelsalf
  • Borsvoedingskussing of `n gewone kussing (Party mammas vind dit handig, ander kom reg sonder dit)
  • Waterbottel 
  • Peuselgoed
  • Drasak- verkieslik `n wrap (buidelsak)
As jy hierdie goedjies het, is jy al goed oppad om `n makliker herstel te hê.

Wat sal jy wil byvoeg by die lysie?

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies