Wat beteken Stroom-op?
Toe ek moes besluit het oor `n naam vir my blog het ek baie gedink oor wat gepas sal wees vir die artikels wat ek hier wil deel. Die artikels wat ek hier wil deel is alles oor ons leefwyse teen en sienswyse van hierdie wêreld en ook oor ons geloof in Jesus Christus. Die Bybel se dat ons in hierdie wêreld is, maar nie van hierdie wêreld is nie. Dit beteken dat ons hier in dié wêreld bly, maar dat ons nie soos die wêreld moet leef nie. Om stroom-op te lewe beteken om teen die wêreld te leef. Wanneer die wêreld iets navolg is dit wys om eerder die Bybel te volg al beteken dit dat die pad moeiliker sal wees. Om stroom-op te lewe beteken teenkanting van die wêreld. Self mense wat hulself Christene noem sal jou leefwyse en geloof bevraagteken of selfs aflag as iets simpels. Om stroom-op te lewe beteken dat die wêreld nie jou leefwyse sal verstaan nie of enigsins `n poging sal aanwend om jou te probeer verstaan nie. Die Bybel sê in 1Joh 2:5 “Moenie die wêreld lie