Na-geboorte naelstring versorging

Ek dink een van die dinge wat alle mammas pla van pasgebore babas is die ou naelstring stompie wat in die pad is. Jy sukkel met doek omruil of klere wat daaraan vashaak. En in sommige gevalle kan die naelstring stompie ook infeksie kry. Maar wat kan jy doen om die naelstring te versorg?


Hier is `n paar wenke as dit by die versorging van die naelstring kom:

(LW! Ek is nie `n mediese dokter nie, net `n mamma wat haar ervaring met 3 kinders en die ervarings van ander mammas met julle deel)

1. Hou die naelstring droog. Laat die kleinding soveel as moontlik oop wees. Lê hom in `n sonkolletjie waar die son deur `n venster skyn.

2. Probeer om hom nie te bad totdat die naelstring af is nie. Gebruik eerder `n sponsie of `n waslap om baba net af te vee. 

3. Gebruik Witch Hazel (sonder alkohol) (beskikbaar by enige apteek) om aan te smeer wat help om die naelstring uit te droog en vinniger te laat afval.

4. Daar is ook studies wat wys dat borriepoeier sterk anti-inflammatoriese eienskappe bevat. Deur borriepoeier op die naelstring te sit kan ook help om infeksie te voorkom.

5. Moet onder geen omstandighede die naelstring knyp of knip nie. Dit kan moontlike infeksie of bloeding veroorsaak.

Is daar nog iets wat jy kan byvoeg, wat vir julle gehelp het? Laat weet ons asb in die kommentaar hieronder, dan kan ons almal bymekaar leer.

Groete MammaS 

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies