Beste ongebakte melktert

 Die resep is so eenvoudig, `n beginner kan dit met sukses maak.




****Kors kan bestaan uit tennisbeskuitjies of gekoopte/gemaakte kors of geen.****

Bestanddele:

1lt melk

2tl botter/margarien

200 ml suiker

3 eiers

80 ml maizena

80ml koekmeel of jy kan maizena los en 160ml koekmeel gebruik

1/2 tl sout


Metode:

Gooi melk en margarien in pot en laat stadig tot kookpunt kom.

Gooi suiker, sout, eiers, maizena(of nie) en koekmeel in `n bak en meng goed saam.

Neem nou `n 1/2 kp van die melk uit die pot en voeg dit stadig by die eiermengsel en klits deeglik.

***Hierdie proses is "temepering". En dit is wanneer rou eiers eers warm vloeistof bykry voordat jy dit by die warm vloeistof ingooi. Indien jy dit nie doen nie sal jy roereiers in melk kry. 

Gooi nou die eiermengsel stadig by die kokende melk en klits nou aanhoudend sodat dit nie aanbrand of klonte maak nie. 

Gooi in `n voorbereide tertbak.

Plaas in yskas om af te koel.

Sprinkel dan kaneel oor die koue melktert en geniet.


Hoop julle maak heerlike melkterte.

Groete Mamma S




Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies