Posts

Showing posts from September, 2019

Tuisskool vir voorskoolse kinders- Hulpmiddele

Image
Toe ek begin het om hulpmiddele te soek het ek `n paar vereistes gehad: Dit moes eenvoudig wees Dit moes ouderdom gepas wees  Een boek wat verskeie areas dek Ons het vir gr R die volgende gebruik: Bybel Ons lees elke dag uit hierdie Bybel en dit volg die Bybelse volgorde. Dit dek die Ou en Nuwe testament en behels nie net stories van bekende Bybelfigure nie. Hierdie flitskaarte is `n lekker byvoeging en om kinders vragies oor te vra. Wiskunde, lees en skryf Hierdie boek was wonderlik. Die bevat regtig alles op `n eenvoudige wyse. Daar is egter geen kleur in nie, wat dit dalk vervelig kan maak vir sommige kinders. Ekstra materiale vir temas ens. Gratis aflaaibaar vanaf die Onderwysdepartement se webtuiste  Loer gerus ook na my temalys van 50 temas om idees te kry. Ons verkies dit om skool eenvoudig te hou. Daar is `n magdom keuses daarbuite maar hierdie is wat ons gebruik het. Groete Mamma S

Tuisskool vir voorskoolse kinders- Temalys (50 Temas)

By voorskoolse kinders is `n tema elke week `n goeie wegspringplek. Die voordele van temas is dat dit skool opwindend maak en dat kinders se algemene kennis baie verbreed. Jy kan een tema ook by verskillende ouderdomme aanpas. Hier is `n lysie van 50 temas wat jy kan gebruik elke week in tuisskool: 1. Lewe en lewende dinge My liggaamsdele My liggaam- organe Visse en Amfibiee Seediere  Voëls Insekte en spinnekoppe Wilde diere Reptiele Troeteldiere Plaasdiere Nagdiere Eiers/geboorte 2. Plante en voedsel Plante Bome Vrugte en Groente Voedselbronne - hoenders gee eiers, koeie gee melk 3. Gemeenskap helpers Mediese sorg Tandarts Brandweer Polisie Posdiens 4. Aarde Water Lug Wind Vulkane Vuur Skuilings Huise Plase See/riviere 5. Ruimte Sterre Son Maan Planete Ruimtetuie en ruimtevaarders Seisoene Dag/nag 6. Vervoer Seevervoer Lugvervoer Treine Karre, busse ens Motorfietse, fietse ens 7. Wetenskap Sintuie Lig Magnetisme Elektrisite

Tuisskool vir voolskoolse kinders- Gr R

Om te begin met Gr R vir jou kind kan nogals uitdagend wees. Dit is dalk die eerste jaar wat julle tuisonderrig aanpak en jy weet nie regtig waar om te begin nie. Die keuse van wat om te gebruik en die doelwitte wat jy vir jou kind stel kan baie deurmekaar voel. Waar om te begin? Dis maklik om na kleuterskole se programme te kyk en oorweldig te voel maar onthou net een ding: jou kind is nie `n kleuterskool nie. Jy is besig met net een leerder, jou eie kind. So hier is die volgorde van hoe ek begin met `n skooljaar: Ek stel eerste `n lysie mylpale of doelwitte op vir die jaar. Daarna soek ek boeke wat ons as bronne (hulpmiddele) kon gebruik om ons doelwitte te bereik. Volgende deel ek die werk in die aantal weke wat ons gaan skool doen. En elke week deel ek die werkies op in die aantal dae wat ons gaan skool doen. 1. Doelwitte/Mylpale: Ek en man stel `n lysie saam van doelwitte vir elkeen van ons kinders. Hierdie doelwitte sluit lewensvaardighede sowel as akademiese vaard

Tuisskool vir voorskoolkinders - Roetine vir `n voorskoolse kind

As ek aan mense noem dat my kinders nie kleuterskool toe gaan nie want ons tuisonderrig, is die algemene reaksie maar "jou kinders moet speel". Ek dink mense het `n wanpersepsie van wat tuisonderrig vir voorskoolse kinders is. Net omdat ons tuisonderrig beteken nie dat my 4- en 2 jarige heeldag by `n tafel sit nie. Hier is `n voorbeeld van ons daaglikse skedule: 5:30 Opstaan 5:45 Bybel en lees boeke 6:00 Ontbyt         Aantrek         Tandeborsel 7:00 Oggend takies         Mamma-tyd - oefen ens.         Kosmaak vir more 8:00 Skool:  oefeninge (10min)                     musiektyd (10min)                     sirkeltyd    (10min)                     tematyd    (10min)                     tafelwerk  (20min) 9:00    Peuseltyd 9:15    Binnespel met "open ended" speelgoed soos blokkies 10:00 Buite speel - groot motoriese vaardighede 10:30 Lees 11:00 Slaap 12:30 Middagete 13:00 Takietyd binne in die huis saam mamma 14:00 Fyn motoriese werk 14:

Tuisskool - Ons redes hoekom ons tuisonderrig verkies

Dit gaan my verstand te bowe dat mense na Suid-Afrika kan kyk en sien dat geen staatsinstelling vandag meer werk nie. Eskom, SAL, munisipaliteite, staatshospitale, SA-posdiens en noem maar op, is almal bankrot as gevolg van wanadministrasie en nogsteeds ploeter ons voort en sit ons kinders in Staat skole.  As jy die dag siek is, kan ek jou amper belowe dat die staatskliniek en staatshospitaal nie vir jou `n opsie is nie want jy vertrou die fasiliteite heel waarskynlik nie. Daar mag dalk uitstekende dokters en verpleërs wees wat `n passie het om mense te help, maar as die hospitaal nie geld het vir beddens of skoon lakens of toiletpapier nie, is die dokter se hande afgesny en kan hy nie vir jou die nodige sorg verskaf nie.  Net so is dit met ons skoolstelsel. Daar is nog onderwysers en hoofde in staatskole wat `n passie het vir die onderrig van ons kinders, maar as die staat bepaal wat my kind moet leer en die materiaal wat verskaf word is van swak gehalte, kan ons nie verwag dat o