Tuisskool vir voorskoolse kinders- Temalys (50 Temas)

By voorskoolse kinders is `n tema elke week `n goeie wegspringplek. Die voordele van temas is dat dit skool opwindend maak en dat kinders se algemene kennis baie verbreed. Jy kan een tema ook by verskillende ouderdomme aanpas.

Hier is `n lysie van 50 temas wat jy kan gebruik elke week in tuisskool:

1. Lewe en lewende dinge
My liggaamsdele
My liggaam- organe
Visse en Amfibiee
Seediere 
Voëls
Insekte en spinnekoppe
Wilde diere
Reptiele
Troeteldiere
Plaasdiere
Nagdiere
Eiers/geboorte

2. Plante en voedsel
Plante
Bome
Vrugte en Groente
Voedselbronne - hoenders gee eiers, koeie gee melk

3. Gemeenskap helpers
Mediese sorg
Tandarts
Brandweer
Polisie
Posdiens

4. Aarde
Water
Lug
Wind
Vulkane
Vuur
Skuilings
Huise
Plase
See/riviere

5. Ruimte
Sterre
Son
Maan
Planete
Ruimtetuie en ruimtevaarders
Seisoene
Dag/nag

6. Vervoer
Seevervoer
Lugvervoer
Treine
Karre, busse ens
Motorfietse, fietse ens

7. Wetenskap
Sintuie
Lig
Magnetisme
Elektrisiteit
Energie
Metale
Materiale soos plastiek
Herwinning en afbreking van stowwe

Hierdie lysie is nie volledig nie maar hoop dit gee iemand `n idee van die magdom temas waarvan `n mens kan kies.







Watter tema sal jy byvoeg?

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies