Tuisskool vir voolskoolse kinders- Gr R

Om te begin met Gr R vir jou kind kan nogals uitdagend wees. Dit is dalk die eerste jaar wat julle tuisonderrig aanpak en jy weet nie regtig waar om te begin nie. Die keuse van wat om te gebruik en die doelwitte wat jy vir jou kind stel kan baie deurmekaar voel.

Waar om te begin?
Dis maklik om na kleuterskole se programme te kyk en oorweldig te voel maar onthou net een ding: jou kind is nie `n kleuterskool nie. Jy is besig met net een leerder, jou eie kind. So hier is die volgorde van hoe ek begin met `n skooljaar:


  • Ek stel eerste `n lysie mylpale of doelwitte op vir die jaar.
  • Daarna soek ek boeke wat ons as bronne (hulpmiddele) kon gebruik om ons doelwitte te bereik.
  • Volgende deel ek die werk in die aantal weke wat ons gaan skool doen.
  • En elke week deel ek die werkies op in die aantal dae wat ons gaan skool doen.

1. Doelwitte/Mylpale:
Ek en man stel `n lysie saam van doelwitte vir elkeen van ons kinders.
Hierdie doelwitte sluit lewensvaardighede sowel as akademiese vaardighede in.
Hier is `n voorbeeld lys vir my 4 jarige:

  • Stories in die Bybel onthou
  • Stilsit vir Bybel lees en vrae beantwoord 
  • Self bid (geen rympies)
  • Roetines volg
  • Takies in die huis verrig daagliks
  • Gehoorsaamheid oefen 
  • Goeie maniere hê: asb, dankie, ja mamma en groet
  • Swem sonder hulp
  • Fietsry sonder hulp
  • Op sy eie speel vir 45 min
  • Lees 15 minute per dag self
  • Skool fluks doen
  • Tema van die week bespreek
  • Inkleur, plak, knip, skeur
  • Tel tot by 30
  • Tswana begin leer
  • 3 letter woorde lees
  • Sinne en eenvoudige boeke lees
  • Legkaart 24-36 stuk bemeester
  • Rympies en liedjies aanleer
  • Bal vang, gooi, skop, slaan en rol
  • Gimnastiek begin
2. Hulpmiddele
Nadat ek weet waarheen ons op pad is vir die jaar, kan ek begin hulpmiddele soek wat ons kan help om ons doelwitte te bereik. Vir ons sal ek kyk na:
  • Bybellessies
  • Taakkaart op stel
  • Beloningskaart op stel
  • Temalys 
  • Fyn motoriese werkkaarte druk of `n boek koop
  • Wiskunde boek
  • Leesprogram 
  • Tswana cd
  • Legkaarte 
  • Balle, fiets, toue ens. kry
  • Skryfbehoeftes
Kliek hier as jy `n lysie wil hê van die boeke wat ons in Gr R gebruik.

3. Verdeling van werk
Nadat ek al die hulpmiddele het, kan ek dit opverdeel vir die aantal weke. 
Ons gee 6 weke skool en dan rus ons vir 2 weke. Dus het ons 6 siklusse van 6 weke skool plus `n paar ekstra. Ek verdeel dus die werk in 36-38 dele.

Vir voorskool doen ons elke week `n tema. So ek maak `n lys van 36 temas en voeg dan die werk by elke week in. (kliek hier vir `n lys van temas om mee weg te spring)

4. Verdeling per week
Ek neem nou die tema van die week, die werk wat ons moet afhandel ens en verdeel dit in 3. Ons het net skool op Maandae, Woensdae en Vrydae.

Ek hoop hierdie metode sal vir iemand van hulp wees wat die eerste keer tuisskool van voorskoolse kinders aan pak.

Laat weet asb wat vir jou werk, dan leer ons almal van mekaar.

Groete Mamma S



 





Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies