Posts

Showing posts from March, 2020

Hoe om kinders te laat buite speel

Image
Alle mammas het seker al beleef hoe jy jou kinders uit stuur om te gaan speel en 10 minute later te hoor dat hulle niks het om te doen nie. Hier is 'n paar wenke om jou kinders aan te moedig om langer buite te speel en dat hulle dit selfs geniet. #1 Verskaf die nodigste Let wel, die nodigste. Nie elke liewe buite speelding op die mark nie. *Sand *Water * Klimding (bome, bande, hope sand ens.) * Swaai of spring apparate. (Tou in die boom is piekfyn) * Skop, slaan of gooi goed. (Balle, boontjiesakkies ens) #2 Bepaal die tyd Hoelank moet jou kind buite speel? Jy kan nie verwag die kind moet heeldag buite speel nie maar 10 minute per jaar van ouderdom is gepas. 'n 6jarige kan maklik 1 uur buite speel. #3 Oefen dit in Sit buite of speel saam vir 'n rukkie en dan los jy die kind om alleen verder te speel. Veral as dit 'n alleenkind is. #4 Bly die kind terug stuur As jou kind in kom voor die tyd verby is, stuur hom doodeenvoudig terug

Binnehuise swaai vir baba

Image
Ek het onlangs `n probleem gehad met baba #3. Hy kan al sit, maar nie regtig lank nie en as hy op die vloer is kan die ouer kinders hom moontlik beseer. So ek het `n plekkie nodig gehad om hom veilig neer te sit terwyl ek huiswerkies verrig. Ek het op `n babaswaai afgekom wat heel maklik gelyk het en dit probeer. ( link na die oorspronklike inspirasie ) Hier is die stappe wat ek gevolg het indien jy dalk self een aan mekaar wil slaan. Benodighede: 1m x 1m sterk materiaal 4 x 40cm "dowel"/tappenne 30cm x 30cm spons of "batting" 2 x 5m stukke tou 2 x carabiners  Stap 1: Sny materiaal soos volg: Blok A: 30cm x 90cm (2 stukke) Blok B: 30cm x 28cm (2 stukke) Blok C: 15cm x 28cm (2 stukke) Stap 2: Werk die 2 stukke van Blok B aan 3 kante vas (regte kant na binne) en draai binne kante na buite. Herhaal met die Blok C stukke.  Stap 3: Bepaal die middel van een van Blok A se stukke. Plaas nou Blok B bo-op Blok A sodat die middel van elke blok

Wenke vir tande borsel

Image
Tande borsel... Ai. Menigte mammas het al die stryd aangedurf om hulle kinders te kry om tande te borsel. Hier is 'n paar wenke oor hoe jy die taak van tande borsel kan aanpak: #1 Begin as baba Ja, jy het reg gehoor. Sodra baba kan eet is dit tyd vir tande borsel. Net met water is voldoende. Daar is oulike tandeborsels beskikbaar maar die maklikste is 'n silikon een wat aan jou vinger kom en waarmee jy dan borsel. Gee vir baba om self ook te kou en daaraan gewoond te raak. #2 Maak beurte Laat jou kind eerste borsel en dan kry jy 'n beurt en so aan. Ek sê ook vir my kinders dat hulle net die tande moet borsel wat hulle wil hou. #3 Maak dit pret Lees 'n boekie saam oor tande borsel of die tandarts. Sing 'n liedjie vir hulle om hulle aan te moedig of kyk wie kan die mooiste glimlag as hy borsel. Ons sing altyd: Borsel jou tande elke dag, elke dag, elke dag, Borsel jou tande elke dag, dan kry jy 'n mooi glimlag. #4 Elekt