Wenke vir tande borsel

Tande borsel... Ai. Menigte mammas het al die stryd aangedurf om hulle kinders te kry om tande te borsel.

Hier is 'n paar wenke oor hoe jy die taak van tande borsel kan aanpak:

#1 Begin as baba
Ja, jy het reg gehoor. Sodra baba kan eet is dit tyd vir tande borsel. Net met water is voldoende.
Daar is oulike tandeborsels beskikbaar maar die maklikste is 'n silikon een wat aan jou vinger kom en waarmee jy dan borsel. Gee vir baba om self ook te kou en daaraan gewoond te raak.






#2 Maak beurte
Laat jou kind eerste borsel en dan kry jy 'n beurt en so aan. Ek sê ook vir my kinders dat hulle net die tande moet borsel wat hulle wil hou.

#3 Maak dit pret
Lees 'n boekie saam oor tande borsel of die tandarts.


Sing 'n liedjie vir hulle om hulle aan te moedig of kyk wie kan die mooiste glimlag as hy borsel.

Ons sing altyd:
Borsel jou tande elke dag, elke dag, elke dag,
Borsel jou tande elke dag, dan kry jy 'n mooi glimlag.

#4 Elektriese tandeborsel
Dit klink dalk na 'n duur opsie maar dit help wel. Terwyl die kind nie so goeie werk kan doen nie, maak die borsel se draaiende kop skoon. Kinders geniet om die beweging op hulle tonge te voel. Probeer ook hier beurte maak.

#5 Wees die voorbeeld
Borsel jou tande saam met hulle. Kinders doen wat ons doen en wil voel hulle is groot. So as hulle mamma of pappa sien dit doen, dan dink hulle dis baie lekkerder as wat jy net vir hulle sê om dit te doen.

#6 Bonus: Floss is amper belangriker as borsel. Koop floss-stokkies en moedig hulle aan om dit te gebruik.

Sterkte mamma. Ek weet jy kan dit doen.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies