Hoe om kinders te laat buite speel

Alle mammas het seker al beleef hoe jy jou kinders uit stuur om te gaan speel en 10 minute later te hoor dat hulle niks het om te doen nie.

Hier is 'n paar wenke om jou kinders aan te moedig om langer buite te speel en dat hulle dit selfs geniet.

#1 Verskaf die nodigste
Let wel, die nodigste. Nie elke liewe buite speelding op die mark nie.
*Sand




*Water


* Klimding (bome, bande, hope sand ens.)
* Swaai of spring apparate. (Tou in die boom is piekfyn)



* Skop, slaan of gooi goed. (Balle, boontjiesakkies ens)

#2 Bepaal die tyd
Hoelank moet jou kind buite speel? Jy kan nie verwag die kind moet heeldag buite speel nie maar 10 minute per jaar van ouderdom is gepas. 'n 6jarige kan maklik 1 uur buite speel.

#3 Oefen dit in
Sit buite of speel saam vir 'n rukkie en dan los jy die kind om alleen verder te speel. Veral as dit 'n alleenkind is.

#4 Bly die kind terug stuur
As jou kind in kom voor die tyd verby is, stuur hom doodeenvoudig terug.

#5 Laat jou kind verveeld wees
Jy is nie daar om jou kind heeldag te vermaak nie en nog minder om goed  te koop om hom te vermaak nie. Kinders magmaar verveeld raak. Dit moedig 'n kind aan om kreatief te dink en homself te kan besig hou. En dis baie waardevolle vaardighede wat hy nie in 'n boek of op die tv gaan leer nie.

Hoop dit help van die mammas daar buite.

Groete

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies