Posts

Wat beteken Stroom-op?

Toe ek moes besluit het oor `n naam vir my blog het ek baie gedink oor wat gepas sal wees vir die artikels wat ek hier wil deel. Die artikels wat ek hier wil deel is alles oor ons leefwyse teen en sienswyse van hierdie wêreld en ook oor ons geloof in Jesus Christus.  Die Bybel se dat ons in hierdie wêreld is, maar nie van hierdie wêreld is nie. Dit beteken dat ons hier in dié wêreld bly, maar dat ons nie soos die wêreld moet leef nie. Om stroom-op te lewe beteken om teen die wêreld te leef. Wanneer die wêreld iets navolg is dit wys om eerder die Bybel te volg al beteken dit dat die pad moeiliker sal wees. Om stroom-op te lewe beteken teenkanting van die wêreld. Self mense wat hulself Christene noem sal jou leefwyse en geloof bevraagteken of selfs aflag as iets simpels. Om stroom-op te lewe beteken dat die wêreld nie jou leefwyse sal verstaan nie of enigsins `n poging sal aanwend om jou te probeer verstaan nie. Die Bybel sê in 1Joh 2:5 “Moenie die wêreld...

Geen TV?

Image
        Dis korrek. Vandat ek op my eie bly het ek nog nooit `n TV besit nie.   Ons is amper 4 jaar getroud en het nog nooit `n TV gehad nie en beplan glad nie om een ooit aan te skaf nie. Is dit `n bietjie te drasties na jou smaak? Kom ek verskaf `n paar redes hoekom ons nie die nut in `n TV sien nie of eerder hoekom `n TV nie goed is nie. Ons geloof is die middelpunt van ons lewe. As wedergebore Christen wil ek my lewe leef soos wat daar vir ons gesê word in die Bybel. In Psalm 101:3 staan: “Ek stel geen lae ding voor my oë nie, die dade van die afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.” In die KJV klink dit soos volg: “I will set no wicked thing before mine eyes:...” Met ander woorde ek wil nie slegte dinge doelbewus voor my oë sit of enige iets kyk wat nie in lyn met die Bybel is nie. Met dit in gedagte, kom ons dink bietjie na watter tipe programme op TV is. Geweld, egbreek, diefstal, roof, moord, laster, afgodsaa...

Lapdoeke- Hoekom almal dit moet probeer

Image
Net die woord “lapdoek”laat party mense wegskram. Wie wil in vandag se tyd nog sukkel met lapdoeke as daar `n baie “geriefliker” alternatief op die mark is? Hierdie is die redes waarom ons lapdoeke verkies. 1. Omgewingsvriendelik Al wat `n produk is probeer om meer ‘ green’ te wees, maar plastiek is `n groot struikelblok in die proses. Dit vat plastiek items honderde jare om af te breek in die natuur. Ons sê dis  nie-bioafbreekbaar . Weggooidoeke dra in `n groot mate by tot hierdie probleem , dit is een van die grootste oorsake van besoedeling . As jou kind deur gemiddeld 6 doeke `n dag gaan vir 2 jaar is dit 4380 doeke per kind wat op die ashoop beland. Die Bybel sê in Gen 1 dat God ons geskape het om oor die voëls,visse en diere te heers en in Gen 2 gee God die opdrag dat ons die aarde moet bewerk en bewaar. Ek wil graag aan God gehoorsaam wees en die aarde bewaar en daarom verkies ek lapdoeke wat herbruikbaar is, nie net vir een kind nie, maar hopelik vir `n hele...

Lapdoeke- Hoekom almal dit moet probeer

Image
Net die woord “lapdoek”laat party mense wegskram. Wie wil in vandag se tyd nog sukkel met lapdoeke as daar `n baie “geriefliker” alternatief op die mark is? Hierdie is die redes waarom ons lapdoeke verkies. 1. Omgewingsvriendelik Al wat `n produk is probeer om meer ‘ green’ te wees, maar plastiek is `n groot struikelblok in die proses. Dit vat plastiek items honderde jare om af te breek in die natuur. Ons sê die nie-bioafbreekbaar . Weggooidoeke dra in `n groot mate by tot hierdie probleem , dit is een van die grootste oorsake van besoedeling . As jou kind deur gemiddeld 6 doeke `n dag gaan vir 2 jaar is dit 4380 doeke per kind wat op die ashoop beland. Die Bybel sê in Gen 1 dat God ons geskape het om oor die voëls,visse en diere te heers en in Gen 2 gee God die opdrag dat ons die aarde moet bewerk en bewaar. Ek wil graag aan God gehoorsaam wees en die aarde bewaar en daarom verkies ek lapdoeke wat herbruikbaar is, nie net vir een kind nie, maar hopelik vir `n hele paar...

6 “K”-Wenke vir kamp met babas en peuters

Om te kamp is een ding, maar om te kamp met `n baba of peuter of selfs albei is `n heel ander ding. Daarom wil ek hierdie wenke neerpen sodat ek dit nie vergeet vir die volgende keer wat ons die kampding aanpak nie. *Met kamp bedoel ek in `n tent, met minimale geriewe in die buitelig. Ons vat die volgende saam: ·          Kamp “gear” ·          Koskrat ·          Krat met kampgoed ·          Kanne vir water ·          Klere krat en badgoed Wenk #1 Karrit Ongeag waar jy gaan kamp, sal dit vir julle nodig wees om te ry tot daar. Ons eerste kamp was op Majuba wat ongeveer 700km van ons huis is. O, ja en ons het gaan kamp net vir `n naweek. Omdat babas en peuters in `n karstoeltjie moet sit volgens die wet, is hulle redelik beperk in wat hulle kan doen.  Probeer ...