Hospitaalsak vir baba


Met Seun1 het ek al die baba se benodighede sommer saam met my goed in een tas gepak. Dit was nie so effektief soos wat ek dit sou wou hê nie en as jy eers moet soek na piepklein babakousies na `n normale geboorte (of selfs `n keiser) is dit geen grap nie.

Met Baba#2 wat vroeg Augustus sy/haar verskyning maak het ek besluit om die hospitaalsak in 2 te verdeel: Een sak vir Baba en een sak vir mamma.
Kom ek verduidelik nou wat ek in Baba se sak gepak het.

Eerstens die sak wat ek gebruik gaan ook die baba se doekesak word.



Die lekker van `n doekesak is dat daar reeds sakkies binne is, sodat jy vir niks hoef te soek nie.

Vir die baba se klere pak ek in:
·        Een baie warm onesie
·        2 ander onesies
·        1 paar handskoene
·        1 paar kouse
·        1 paar slippers
·        1 mussie

Ek gebruik lapdoeke so ek sal so 3 doeke plus `n paar ekstra inners vat.

Ek vat ook `n flennie kombersie, waslap en natsakkie vir die doeke saam.

Ek gaan `n wrap sling saamvat vir as ek wil loop en baba saam neem.

Ek pak ook vir die baba `n medisyne “kit” in soos wat ek vir Seun1 het.














Die medisyne kit bevat:

  • Naelskêr
  • wetwipes
  • foppie
  • oorstokkies (vir naelstring)
  • borsel
  • termometer
  • neussuiger
  • Panado infant
  • Spasmopep Junior
  • Rescue remedy
  • Babapoeier
  • Gliserien
  • Alkohol
  • Kasterolie en sinksalf
  • Vicks
  • Lansinoh tepelroom



En dit is alles wat ek saamvat. Net vir ekstra inligting beplan ek om net een nag of selfs geen nag in die hospitaal deur te bring nie. Ek bad nie my baba in die hospitaal nie (dus geen handdoek en seep nodig nie) en ek sal graag weer wil borsvoed (dus geen bottels nie). Ek sal na die tyd hierdie post opdateer met goedjies wat ek gekort het of wat oorbodig was.

Groete MammaS













Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies