Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies

As jy opsoek is na `n alternatief vir lekkergoed vol suiker of jou babatjie begin nou eers eet is hierdie resep ideaal vir jou.
Dit bevat slegs 4 bestanddele, is vegan, gesond en boonop alles lekker.

BESTANDDELE:
1 1/2 kp Dadels (maak sag deur in kookwater te laat lê)
2 el kakao
1 kp hawermout (oats)
1 kp klapper

STAP 1: Maak dadels fyn met `n voedselverwerker, smoothie maker of `n staafmenger.
STAP 2: Gooi die droë bestanddele by en meng deeglik.
STAP 3: Rol balletjie en plaas op bakplaat of iets met `n plat oppervlakte soos `n deksel en sit in vrieskas.
OPSIONEEL: Rol laastens in ekstra klapper of kakao.

Ek hoop julle geniet dit net so baie soos my kinders.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas