Medisyne lys vir babas

Elke mamma wil voorbereid wees vir die koms van haar baba. Maar elke aftiklysie van wat belangrik is vir baba sê net medisyne vir baba. Nou wat nou gemaak?

Hierdie is my lysie van die medisyne wat jy gerus kan aanhou in jou huis. Jy hoef nie `n apteek aan te hou binne jou huis nie, maar `n paar essensiële items kan jou net help deur `n moeilike aand. Ek probeer so natuurlik as moontlik gaan met `n paar uitsonderings.



  • Termometer - Digitaal en infrarooi is baie gerieflik.








  • Baba paracetamol soos Panado of Calpol vir koors/pyn (maak net seker dis ouderdom gepas)




  • Naelknipper of skêrtjie
  • Medisyne drupper


  • Snotsuiger soos Nose Frida of bulb syringe





  • Saline druppels (soutwater) of borsmelk


  • Vicks Baby of bloekomolie

  • Petroleum jellie of klapperolie vir die eerste doeke










  • Prodol vir tande later

Wat sal jy nog wil byvoeg by die lysie? Laat weet asb sodat ander mammas ook kan deel in goeie raad.

Groete MammaS







Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies