Natuurlike raad vir baba met winde

Voordat Seun0 gebore is, het ek reeds `n verskeidenheid medisyne vir winde gekry om die baba mee te dokter wanneer die onvermydelike winde hulle verskyning maak. Min het ek geweet wat in dié medisyne is en of dit my baba gaan help.
Krampwater is die mees bekende doepa om vir die ou kleine wesie te gee wanneer die winde hulle uit die slaap uit hou, maar nadat ek dit een keer vrugteloos probeer het was ek vinnig opsoek na `n alternatief.


Aptekers en ander mammas het voorgestel ek probeer koliekdruppels, maar ek het geweet dat Seun0 nie koliek het nie en wou dus nie vir hom medikasie gee vir iets wat hy nie eers het nie.

Met my 6 weke ondersoek het ek net so terloops die dokter gevra wat haar voorstel is om te gebruik aangesien Seun0 nog baie klein was. Sy het Reutrina druppels of probiotiese druppels of poeier voorgestel. Ek het hierna die apteek besoek en agter op die boksies begin lees. Niks het vir my natuurlik geklink behalwe die water daarin nie. Ek was steeds opsoek na `n alternatief.


Ek het Buscopan stroop byderhand gehad vir ernstige gevalle, maar verder het ons dit maar gevat soos dit kom.



Op 4 maande het ons geglo dat Seun0, soos wat alle boeke sê, die winde stadium ontgroei het, maar heellaas was dit nie die geval nie.
Elke aand het ons Seun0 in die bed gesit, na `n warm bad en `n massering van sy magie, net om `n uur later `n skreeuende baba te hê wat sy bene optrek en krul van die winde.
Ons het maar pynstropie gegee en sy magie gevryf, hitte in die vorm van `n ryssakkie opgesit en sy beentjies beweeg totdat hy van moegheid op ons aan die slaap geraak het.
Ek het navorsing begin doen oor kruie wat kan help met winde en afgekom op `n artikel waar `n mamma aangedui het dat die gebruik van vinkel(fennel) en “catnip” winde by haar baba drasties verbeter het. Ek het orals gesoek na so `n produk wat in Suid-Afrika beskikbaar is en is met leë hande beloon.

Op 9 maande het Seun0 `n uitslag van blasies op sy hande gekry, tesame met skurwe beentjies, `n toe neus en die alomteenwoordige winde. Ek het Seun0 apteek toe gevat waarna die apteker aanbeveel het ons hom eerder dokter toe moes vat. Ek vra toe sommer so in die verbygaan of sy nie iets vir sy winde kan aanbeveel nie. Die apteker loop tot by `n rak en gee vir my dit:


En wat het ons hier? Die eerste woord wat my oog vang is “Fennel” en ek raak so opgewonde soos `n kind by `n basaar. Ek gee dadelik vir Seun0 van die Spasmopep Junior en hy is mal oor die geur.
Ek het elke aand (vir `n maand lank) voor slaaptyd vir Seun0 daarvan gegee, in die bed gesit en `n uur later was hy steeds aan die slaap. Op 10 maande het Seun0 deurgeslaap sonder enige winde. 

Ek het wel gevind dat wanneer Seun0 seker nuwe kosse bv. piesang en lemoen probeer het hy steeds winde gekry het. Maar met die Spasmopep Junior is die probleem gou opgelos.
Wat ek graag net wil weet is hoe dit moontlik is dat daar so `n wonderlike natuurlike produk op die mark is en dit nie eerste vir ons piepklein babatjies aanbeveel word nie.

Ek kan enige iets met die Spasmopep meng en Seun0 suig die spuit uit. Hy is mal oor die geur en dit werk uitstekend. Na 9 maande van winde ELKE AAND kan ek met alle sekerheid sê Spasmopep Junior werk. Al waaroor ek spyt is, is dat ek nie van die begin af van dit geweet het nie. Wat `n verskil sou dit nie gemaak het nie. Ek gaan beslis `n botteltjie aanhou vir wanneer #2 kom. En gaan dit ook vir elke mamma vertel en sommer ook as `n geskenk gee by hulle babatee.

Groete MammaS

Comments

  1. Baie dankie Sal dt ook prbeer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek hoop regtig dit help jou babatjie ook. Sterkte.

      Delete
  2. Hi van water ouderdom af kan mens dit vi babas gee asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Volgens die aanwysings kan jy 0.5ml gee vanaf geboorte, tot en met 3 maal per dag. Ek gee dit vir my pasgebore babatjie sonder enige probleme.

      Delete
    2. Amen gan dit ook kry danki bja vir goeie mense se raad

      Delete
  3. Gaan dit help vir koliek baba ook AL moedeloos oor by 8 weke oue baba wat so huil ini aande

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek sal dit probeer want dit is slegs kruie. As dit nie `n verskil maak nie, het jy nie skade gedoen nie. Sterkte mamma

      Delete
  4. Ek Gaan ditt prbr baie dankie mama

    ReplyDelete
  5. My baba is ook 5daggies oud water 1 sal werk.vi ha

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies