Slaapwenke vir baba - dinge wat ek anders gedoen het met #2

Voor dat dogter0 gebore is, het ek gedink dat ons redelik goed gevaar het in die slaaparea. Seun2 het vir 10 maande in die nag 2-3 keer wakker geword om te drink, waarna ek hom geleidelik gespeen het in die nag. Hy het so op 1 jaar self deur die nag geslaap en van 2 jaar af ek hom nie meer geborsvoed voor bedtyd nie.

En toe is dogter0 gebore. En sy slaap soos `n droom. MAAR ek het `n paar dinge met haar anders gedoen. `n Mens leer mos uit jou foute.

#1 Van die Dag 1 af het ek albei kinders half 6 gebad in die aand en daarna is Seun2 bed toe en ek het vir sussie geborsvoed in die donker vertrek. As sy moeg was het sy geslaap en ek het haar net daar gelos. As sy nog nie so moeg was nie, sou ek haar `n bietjie op `n matras laat lê totdat sy tekens van moegheid gewys het. Ek sou haar dan weer borsvoed en in die bed sit.

#2 In die nag sou ek eers wag totdat sy `n honger skreetjie gee voordat ek haar net nader gebring het na die bors toe. Gewoonlik was dit net `n wind wat sy moes self uit kry en dan was sy tevrede om verder te slaap. Sy drink een keer in die nag so na 7 ure se slaap. (18:00 - 1:00 en dan 1:30-5:00)

#3 Ek het bepaal watter slapie van die dag vir my die belangrikste was en vir my is Seun2 se middagslapie die belangrikste. Seun2 slaap van 11:00-13:00 elke dag. (ons dag begin reeds om 5:00)
Ek het toe van 11:00 af terug gewerk om uit te vind wanneer sussie moes wakker wees sodat sy saam met Seun2 kon slaap. Om 10:30 begin ek haar borsvoed terwyl ek vir Seun2 boekies lees. Sodra sy aan die slaap is sit ek haar neer en sit Seun2 in sy bed. Ek sal so 10 min by hulle lê om seker te maak hulle albei slaap en dan is dit mamma-tyd vir 2 ure.

#4 Die ander slapies is gewoonlik so 7:00 - 9:00 en 15:00 - 16:00. As ek iets aan het terwyl dit sussie se slaaptyd is, slaap sy rustig in haar karstoeltjie of in `n sling/wrap aan mamma se lyf.

#5 Ek is glad nie rigied oor ander slaaptye nie, maar 11:00 is middagslaaptyd en 18:00 is bedtyd. Ek sal niks reël op daardie tye nie. Die kinders weet dus waar hulle slaap en ons roetine is gebasseer op hierdie tye. Kinders het ook `n mate van standvastigheid nodig vir hulle om rustig te word en te rus.

# 6 Ek maak ook altyd die gordyne toe en sit `n waaier aan vir witgeraas.




 So dit is wat ons doen met Dogter0 en Seun2. Dis regtig klein goedjies wat goed werk.

Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies