Posts

Showing posts from September, 2018

Hoe om 2 kinders gelyk `n middagslapie te laat neem

Image
Elke mamma het rustyd nodig in `n dag. Die ideale tyd is wanneer al haar kinders saam slaap in die middag. Ek weet nie hoe mammas oorleef wie se kinders nie gelyk slaap in die middag nie. Van dag 1 af was dit vir my belangrik. Maar hoe kan jy dit prakties begin doen? Hier is 5 wenke wat hopelik sal help daarmee. #1 Werk vanaf die oudste kind se skedule af As die oudste kind 6:00 opstaan en 19:00 gaan slaap, sal hy heel waarskynlik teen 12:00 doodmoeg wees en `n middagslapie nodig kry. So die ideale tyd sal wees 11:30 - 13:00 #2 Werk nou die jonger kind/ers se slapie in daarvolgens As jy nog `n baba het wat meer as 1 slapie per dag vat, dan werk jy terug van 11:30 af. Met ander woorde gestel jou baba slaap 3 keer in die dag, dan sal sy slapies soos volg wees: 8:00-9:00, 11:30-13:00 en dan 15:00-16:00 en dan 19:00 in die bed. #3 Hou daarby Van die begin af moet jy al die kinders op dieselfde tyd in hulle beddens sit. Al slaap die kleintjie nog nie so lank nie, soos die

Dogter1

Image
  Lengte : 75  cm Gewig : 9.2 kg Slaaptye : 1slapie in die dag 10:30-12:00/12:30                 Op haar 1ste verjaarsdag het sy begin deur die nag slaap(18:00-05:00) Voedsel : Mamma-melk(7:00,10:30,14:00, 17:30)Ontbyt:mieliepap, 2 happies , middagete: kookkos, aandete: eier en groente. Geen allergieë Tande : 2 bo en 2 onder.  Mylpale: Van die doeke af- slegs in potty trainers heeldag. ·        Kruip met `n spoed. ·        Staan teen alles op, staan alleen vir lang rukke. L   Loop saam as jy een hand vashou. ·        Gesels en lag baie.       Speel self, veral in haar bed, speel met water en in die sandput.  Lief vir ...kos, saam boeke lees, pappa(baie erg oor)houers met deksels, blokkies, diertjies en die stapelkoppies.

Raad vir tandpyn by babas

Image
O wee! Tandekry is nie vir sissies nie. Sommige kinders (soos Seun3) kry baie maklik tande. Ons het nie eens geweet voordat ons die tand sien sit het in sy mond nie. Maar Dogter1 kry regtig moeilik tande. Sy het haar eerste 2 tande op 7 maande gekry en die volgende 2 eers op 11 maande. En ons sny nou 4 tande gelyk. Hier is `n paar tekens wat kan aandui of `n baba tande sny: * Spoeg baie * Handjies is baie in die mond * Kou aan voorwerpe veral iets wat koud is of wat verligting sal bring * Sukkel om te slaap * Is huilerig- meer as gewoonlik * Koors * Magie werk slap en meer as gereeld (tandedoeke) Hier is `n lys van hulpmiddels om te probeer. Elke kind is anders en wat vir die buurman se niggie se 3de kind gewerk het, gaan nie noodwendig vir jou kind werk nie. 1) Iets om aan te kou Dit kan enige iets wees wat hulle geniet en wat veilig is. Iets koud, soos `n wortel om aan te kou, kan ook werk. of bababiltong wat baie min sout bevat, kan ook gegee word vir kou. 2)

Seun3

Image
Ek kan nie glo my eersgeborene is al 3 jaar oud nie. Die dae is lank, die nagte langer maar die jare is so kort. Hierdie is net `n  opdatering vir my eie rekord oor die afgelope jaar. Lengte: 96cm Gewig: 15kg Haarkleur: blond Gunsteling kos: boerewors Gunsteling kleur: was pienk maar is nou blou Gunsteling tydverdryf: lees en met gereedskap werk Seun3 het in die afgelope jaar geontpop. Sy woordeskat is merkwaardig vir `n 3-jarige. Hy kan nog nie die letter "R" uitspreek nie maar verder praat hy baie duidelik en ook aanhoudend. Hy vra eerder "wat maak ons?" as die vraag "hoekom?" Hierdie is die doelwitte wat ons vir hom gestel het vir die afgelope jaar: Bybelstories kan onthou en vertel Stilsit tydens kerk en luister as Bybel lees Self bid Self aantrek Gehoorsaam wees- sonder herhaling Ken persoonlike info Mamma help met dagtakies Vra altyd