Raad vir tandpyn by babas

O wee! Tandekry is nie vir sissies nie.

Sommige kinders (soos Seun3) kry baie maklik tande. Ons het nie eens geweet voordat ons die tand sien sit het in sy mond nie. Maar Dogter1 kry regtig moeilik tande. Sy het haar eerste 2 tande op 7 maande gekry en die volgende 2 eers op 11 maande. En ons sny nou 4 tande gelyk.


Hier is `n paar tekens wat kan aandui of `n baba tande sny:
* Spoeg baie
* Handjies is baie in die mond
* Kou aan voorwerpe veral iets wat koud is of wat verligting sal bring
* Sukkel om te slaap
* Is huilerig- meer as gewoonlik
* Koors
* Magie werk slap en meer as gereeld (tandedoeke)

Hier is `n lys van hulpmiddels om te probeer. Elke kind is anders en wat vir die buurman se niggie se 3de kind gewerk het, gaan nie noodwendig vir jou kind werk nie.

1) Iets om aan te kou
Dit kan enige iets wees wat hulle geniet en wat veilig is.
Iets koud, soos `n wortel om aan te kou, kan ook werk.
of bababiltong wat baie min sout bevat, kan ook gegee word vir kou.

2) Verdowing
Iets soos Teegel of Dynexan salf  of prodol-druppels wat jy kan aansmeer.



3) Tandepoeier
Iets soos Ashton & Parsons se Tandepoeier kan ook aan die seer tandvleise gesmeer word.
4) Pynstroop
Panado of Calpol wat paracetamol bevat sal help vir pyn en koors. Jy kan dit afwissel met Ibuprofen soos Nurofen as die paracetamol nie meer effektief is nie.
5) Baltic Amber- halssnoer
Hierdie halssnoere of armbandjies wat van Baltic Amber gemaak is, word warm teen die vel en skei dan `n olie af wat deur die vel geabsorbeer word en wat verligting bring vir die inflammasie.
Is daar enige iets wat jy kan byvoeg wat vir julle gehelp het?

Groete MammaS




Comments

  1. Hammesdrup help ook.smeer 3 Keer n dag aan.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek weet nie. Maar wat jy wel kan kry van Lennons se reeks is behoedmiddel vir kinders en dit aansmeer.

      Meeste Clicks winkels of apteke hou Lennons produkte aan. Ek self verkies Prodol druppels.

      Sterkte

      Delete
  2. Baie dankie vir die raad. Sal dit gerus probeer.

    ReplyDelete
  3. Waar kry jy die Amber arm bandtjie?

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies