Hoe om 2 kinders gelyk `n middagslapie te laat neem

Elke mamma het rustyd nodig in `n dag. Die ideale tyd is wanneer al haar kinders saam slaap in die middag. Ek weet nie hoe mammas oorleef wie se kinders nie gelyk slaap in die middag nie.
Van dag 1 af was dit vir my belangrik.


Maar hoe kan jy dit prakties begin doen?

Hier is 5 wenke wat hopelik sal help daarmee.

#1 Werk vanaf die oudste kind se skedule af
As die oudste kind 6:00 opstaan en 19:00 gaan slaap, sal hy heel waarskynlik teen 12:00 doodmoeg wees en `n middagslapie nodig kry.
So die ideale tyd sal wees 11:30 - 13:00

#2 Werk nou die jonger kind/ers se slapie in daarvolgens
As jy nog `n baba het wat meer as 1 slapie per dag vat, dan werk jy terug van 11:30 af. Met ander woorde gestel jou baba slaap 3 keer in die dag, dan sal sy slapies soos volg wees: 8:00-9:00, 11:30-13:00 en dan 15:00-16:00 en dan 19:00 in die bed.

#3 Hou daarby
Van die begin af moet jy al die kinders op dieselfde tyd in hulle beddens sit. Al slaap die kleintjie nog nie so lank nie, soos die maande verbygaan raak dit net makliker.

#4 Steurings
Partykeer kan die kleiners dalk nog huil voor slaaptyd. Moenie dat dit jou afskrik nie. Kleuters slaap deur die huil. My kinders slaap nog altyd in dieselfde kamer.  Jy kan ook `n witgeraasmasjien kry wat help om ander steurings uit te skakel.

#5 Roetine
Hou hulle middagslapie roetine deurgaans dieselfde. Ons lees altyd vir 15 min voor middagslapies, gaan toilet toe, sit die waaier of witgeraas aan, trek gordyn toe en klim in die bed. As die jongste nog borsvoed/melk kry, doen ek dit daar in die kamer terwyl die ouer kind rustig word en in sy bed lê tot die slaap hom oorval.

Hoop hierdie wenke sal help vir mamma om ook te rus.
Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies