Seun3

Ek kan nie glo my eersgeborene is al 3 jaar oud nie. Die dae is lank, die nagte langer maar die jare is so kort.
Hierdie is net `n  opdatering vir my eie rekord oor die afgelope jaar.





Lengte: 96cm
Gewig: 15kg
Haarkleur: blond
Gunsteling kos: boerewors
Gunsteling kleur: was pienk maar is nou blou
Gunsteling tydverdryf: lees en met gereedskap werk

Seun3 het in die afgelope jaar geontpop. Sy woordeskat is merkwaardig vir `n 3-jarige. Hy kan nog nie die letter "R" uitspreek nie maar verder praat hy baie duidelik en ook aanhoudend. Hy vra eerder "wat maak ons?" as die vraag "hoekom?"

Hierdie is die doelwitte wat ons vir hom gestel het vir die afgelope jaar:
Bybelstories kan onthou en vertel
Stilsit tydens kerk en luister as Bybel lees
Self bid
Self aantrek
Gehoorsaam wees- sonder herhaling
Ken persoonlike info
Mamma help met dagtakies
Vra altyd asb en sê dankie
Speel op sy eie vir 30 min
Tema van die week onthou
Voorskoollesse begin doen 4-5 jr boekie
Ken kleure, vorms
Nommers ken tot 20
Begin inkleur
Sing eenvoudige liedjies
Legkaarte 6 stuk
Lees 5 woord sinne
Spring hoog, loop met boontjiesak, een been staan, bal skop, gooi
Swem met vlerkies

Ek is baie bly om te sê dat Seun3 elkeen van sy doelwitte bereik en en nog meer.

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies