Natuurlike raad vir suurknoppies

Baie babas word gebore met suurknoppies of kry so 'n uitslag wat soos puisies lyk, binne die eerste paar weke van lewe.

Dis normaal, niks wat jy eet veroorsaak of vererger dit nie.
Jy kan verskeie salfies aansmeer maar as jy dit los gaan dit ook self weg.

'n Natuurlike manier om hierdie knoppies te help verbeter is om koeksoda te gebruik. Maak 'n bietjie koeksoda aan in water en vryf die gesiggie met 'n lappie wat gedoop is in koeksoda.

'n Ander baie strelende manier is om rooibosteesakkie te laat trek en dan die gesiggie af te spoel met die water of om 'n nat tee sakkie oor hulle gesiggies te vryf. Oppas net vir te grof.

Hoop dit kan vir iemand help.  Het jy dalk ander raad wat vir julle gewerk het?
Deel gerus hieronder.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies