Posts

Showing posts from January, 2020

Voorbehoed- Natuurlik of Hormonaal?

Image
In breë trekke is daar 2 kante van die munstuk as dit kom by voorbehoedmiddels: Natuurlik of hormonaal. Natuurlike voorbehoed verwys na enige metode of middel wat nie hormoon-manipulasie gebruik nie.  Hormonale voorbehoed verwys na enige metode of middel wat jou hormone manipuleer om sodoende nie swanger te raak nie.  Natuurlike voorbehoed 1. Kondoom 2. Uittrek metode 3. Permanente voorbehoed bv. vasektomie  4. Kalender metode 5. Vaginale Spons * Koper IUD gebruik nie hormone nie, maar veroorsaak inflammasie wat selfs `n bevrugte eiersel sal afdryf. Maw dit kan vroeë aborsies veroorsaak. Hormonaal 1. Pil 2. Patch/plakker 3. Inspuiting 4. Vaginale ring 5. IUD  6. Inplanting Ek is nie 'n mediese dokter nie en wil geen raad gee nie. Ek wil net graag my ervaring deel. Toe ek en my man verloof was het ons begin kyk na voorbehoed. Ek was nog nooit op die pil of enige iets hormonaal nie. Die dokter het nie eers opsies met my bespreek nie en net die mini-pil voorg

Is kinders regtig duur?

Image
Ek wil graag baie kinders hê. Hierdie stelling laat mense se monde oopgaan en die nommer een vraag wat almal vra is: Hoe kan jy dit bekostig, want kinders is duur?  Ek wil hierdie vraag beantwoord vandag deur `n stelling: Kinders is nie duur nie, jou leefstyl is. Daar is baie opofferings wat mense met baie kinders maak wat ander mense nie bereid is om te maak nie. Ons kies `n eenvoudige leefstyl in ruil vir kinders.  Hier is `n 5 maniere hoe om kinders op `n goedkoper wyse groot te maak. 1. Bababenodighede. Koop lapdoeke wat nie net geld spaar nie maar die omgewing. ( kliek hier om meer te lees ) Koop net die nodige, tweedehands sover moontlik en net genoeg. ( kliek hier vir `n lys van bababenodighede) 2. Speelgoed Koop tweedehands.  Koop nie te veel nie...minder is beter. Maak self speelgoed. ( kliek hier om nog speelgoed idees te kry ) of hier vir babaspeelgoed. Gaan biblioteek toe en neem boeke uit. 3. Uitstappies Gaan na gratis plekke toe, hou piekniek op

Baba Aktiwiteite vir 3-6maande oud

Image
Wanneer babas gebore word, is dit heel maklik om hulle rustig en gestimuleerd te hou want hulle slaap baie en hul wakkertye is maar nog van korte duur. Maar teen die 3 maande merk is babas gewoonlik langer wakker en benodig meer stimulasie. Hier is 'n paar idees wat om met babas van 3-6 maande ouderdom te doen. #Lees  Lees hardop. Wys na prentjies en sê wat dit is. Babas is besig met taalontwikkeling vanaf geboorte, dus hoe meer hulle woorde hoor, hoe neer ontwikkeling vind plaas. #Spieëls Gebruik 'n spieël en plaas dit waar baba homself kan lê en bekyk. Dit is 'n goeie motivering tydens magietyd. Dit bevorder ook baba se ruimtelike oriëntasie en visuele ontwikkeling. # Musiek en sang Sing liedjies of sit die radio met kinderliedjies of stories op. Maak musiek of gee vir hom klokkies om self mee musiek te maak. As hy al kan sit kan 'n drom ook oulik wees. Dit ontwikkel sy ouditiewe vermoë en ook taalontwikkeling. # Skudgoed Bab

Borsvoeding vanaf 3-6 maande

Teen hierdie tyd het ma en baba mekaar al gevind en julle weet wat vir julle werk. Maar hierdie is ook die tyd wat baie mammas weer terug gaan werk toe. Party mammas gaan melkies uitpomp en met bottelvoeding begin. Ander mammas gaan dalk gemengde voeding begin doen met formulemelk as hulle weg is van baba af en borsmelk as hulle weer by baba is. Teen 3 maande het julle al soort van 'n ritme en roetine. Jy kan al min of meer skat wanneer baba gaan wil voed. Hou steeds aan op aanvraag voed want dit is steeds baba se enigste bron van voeding. Die Wêreld Gesondheid Organisasie beveel aan dat babas tot 6 maande eksklusief borsmelk of formulemelk kry. Dit is beter om te wag tot op daardie tydstip omdat baba se magie nog nie sterk genoeg is om vaste kossies te verwerk nie. As jy nou in die bootjie is van uitmelk (pomp) sal ek jou aanraai om by 'n groep aan te sluit wat jou sal kan bystaan met raad. Hierdie groepe kan jou raad gee met verskillende borspompe of om met die hand