Is kinders regtig duur?

Ek wil graag baie kinders hê. Hierdie stelling laat mense se monde oopgaan en die nommer een vraag wat almal vra is: Hoe kan jy dit bekostig, want kinders is duur? 
Ek wil hierdie vraag beantwoord vandag deur `n stelling: Kinders is nie duur nie, jou leefstyl is.

Daar is baie opofferings wat mense met baie kinders maak wat ander mense nie bereid is om te maak nie. Ons kies `n eenvoudige leefstyl in ruil vir kinders. 

Hier is `n 5 maniere hoe om kinders op `n goedkoper wyse groot te maak.

1. Bababenodighede.

Koop lapdoeke wat nie net geld spaar nie maar die omgewing. (kliek hier om meer te lees)
Koop net die nodige, tweedehands sover moontlik en net genoeg. (kliek hier vir `n lys van bababenodighede)

2. Speelgoed
Koop tweedehands. 


Koop nie te veel nie...minder is beter.
Maak self speelgoed. (kliek hier om nog speelgoed idees te kry) of hier vir babaspeelgoed.
Gaan biblioteek toe en neem boeke uit.




3. Uitstappies
Gaan na gratis plekke toe, hou piekniek op die gras, slaan `n tent op of gaan speel net by maatjies. Kinders geniet enige plek waar hulle ouers deel kan wees. Dit hoef nie geld te kos om `n ervaring te wees nie. 

4. Maak lekkergoed self

Pakkies lekkergoed en snoepgoed is ontsaglik duur veral as elke kind een moet kry. Soek eerder vir lekker gesonde resepte wat baie goedkoper sal wees. (kliek hier vir nog resepte idees)

5. Klere 
Koop tweedehands by jou naaste ONS WINKEL of ruil uit met ander mammas wat se kinders groter is as jou eie. 


Bonus #6. Tuisskool
Ek weet dit is nie vir almal nie maar as jy daar in belangstel kyk uit vir Tuisskool groepe in jou gemeenskap wat jou kan bystaan. Jy hoef nie gekwalifiseerd te wees om jou kind tuis te onderrig nie.
 

Het jy dalk ander maniere om geld te spaar as dit by kinders groot maak kom? Deel asb met ons, sodat ons almal kan leer.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies