Voorbehoed- Natuurlik of Hormonaal?


In breë trekke is daar 2 kante van die munstuk as dit kom by voorbehoedmiddels: Natuurlik of hormonaal.

Natuurlike voorbehoed verwys na enige metode of middel wat nie hormoon-manipulasie gebruik nie. 
Hormonale voorbehoed verwys na enige metode of middel wat jou hormone manipuleer om sodoende nie swanger te raak nie. 

Natuurlike voorbehoed
1. Kondoom
2. Uittrek metode
3. Permanente voorbehoed bv. vasektomie 
4. Kalender metode
5. Vaginale Spons
* Koper IUD gebruik nie hormone nie, maar veroorsaak inflammasie wat selfs `n bevrugte eiersel sal afdryf. Maw dit kan vroeë aborsies veroorsaak.

Hormonaal
1. Pil
2. Patch/plakker
3. Inspuiting
4. Vaginale ring
5. IUD 
6. Inplanting

Ek is nie 'n mediese dokter nie en wil geen raad gee nie. Ek wil net graag my ervaring deel.

Toe ek en my man verloof was het ons begin kyk na voorbehoed. Ek was nog nooit op die pil of enige iets hormonaal nie. Die dokter het nie eers opsies met my bespreek nie en net die mini-pil voorgeskryf asof dit die norm is. Ek het 1 pilletjie gedrink. Ek was so naar dat ons net daar besluit het om dit weg te gooi.

Ons het geweet dat ons eers 'n paar jaar getroud wou wees sonder kinders maar wat nou gemaak oor voorbehoed?

Ons het begin lees oor aborsie en die begin van lewe en hoe sekere voorbehoedmiddels aborsies kan laat plaasvind sonder jou wete. Ons wou nie 'n lewe wat God gegee het, wegneem nie en het dus na natuurlike metodes gekyk (soos hierbo genoem) wat nie `n bevrugte eiersel sal afdryf voordat inplanting kan plaas vind nie. 

Die veiligste opsies was "barrier" metode bv kondome of sponse, chirurgies bv vasektomie, of kalender metode m.a.w jy volg jou siklus en weet wanneer jy op jou vrugbaarste is en weerhou dan vir die tydperk. 

Vir die eerste paar jaar van ons huwelik was kondome goed genoeg en toe ons besluit om kinders te kry was ek dieselfde maand swanger.

Na baba #1 het ons geen voorbehoed gebruik nie en baba #2 was 23maande later gebore. En 25 maande later is #3 in September 2019 gebore.

Ons plan is vir nou om nog kinders te hê en dus is voorbehoed nie nou op die radar nie. Maar as ons die dag klaar is met kinders sal ons sekerlik terugval op 'n natuurlike metode.

Jou hormone is super belangrik en is nie iets wat mee gespeel of aan gekarring moet word nie.En die lewe van `n kind in die baarmoeder is op die spel. Dus wil ek enige iemand aanmoedig wat kyk na voorbehoedmiddels om asseblief op te lees oor die newe effekte van daardie metode voordat jy 'n besluit maak.

Hierdie is `n goeie webtuiste om mee te begin: Texas right to life.

Elke lewe is `n seën. 

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies