Baba Aktiwiteite vir 3-6maande oud

Wanneer babas gebore word, is dit heel maklik om hulle rustig en gestimuleerd te hou want hulle slaap baie en hul wakkertye is maar nog van korte duur.

Maar teen die 3 maande merk is babas gewoonlik langer wakker en benodig meer stimulasie. Hier is 'n paar idees wat om met babas van 3-6 maande ouderdom te doen.



#Lees 
Lees hardop. Wys na prentjies en sê wat dit is. Babas is besig met taalontwikkeling vanaf geboorte, dus hoe meer hulle woorde hoor, hoe neer ontwikkeling vind plaas.

#Spieëls
Gebruik 'n spieël en plaas dit waar baba homself kan lê en bekyk. Dit is 'n goeie motivering tydens magietyd. Dit bevorder ook baba se ruimtelike oriëntasie en visuele ontwikkeling.

# Musiek en sang
Sing liedjies of sit die radio met kinderliedjies of stories op. Maak musiek of gee vir hom klokkies om self mee musiek te maak. As hy al kan sit kan 'n drom ook oulik wees. Dit ontwikkel sy ouditiewe vermoë en ook taalontwikkeling.



# Skudgoed
Babas van dié ouderdom raak nou eers bewus van beweging van hulle ledemate. Sit 'n ratel of klokkies in sy hand en kyk hoe hy dit geniet om bewus te word dat sy beweging iets veroorsaak. Jy kan selfs klokkies op sy kousies vas werk en vir hom aantrek. Hierdie ontdekking bevorder liggaamsbewustheid.

#Balle van alle groottes en teksture
Hang die bal op om na te kyk en te probeer vat of skop. 
Sit verskillende balle in 'n houer vir baba om elkeen te ontdek. 'n Bal wat wegrol kan ook 'n motivering wees om te begin magie kruip nader aan 6-7maande. Hierdie aktiwiteit bevorder sensoriese ontwikkeling asook liggaamsbewustheid.

#Kougoed
Babas ontdek deur hulle monde. Plaas 'n hout tande-ring in baba se hand om te aan te kou. Veilige lappe of verskillende materiale is ook lekker kougoed. Hierdie is ontdekking bevorder ook sensoriese ontwikkeling.



# Bewertjie
Babas begin nou armpies te swaai en kan selfs iets wat hang raak slaan, al is dit nou per ongeluk. Hang dus sagte balle van versillende groottes op bo baba se kop om te probeer gryp of slaan. Dit bevorder sy liggaamsbewustheid asook ruimtelike oriëntasie. 

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies