Borsvoeding vanaf 3-6 maande

Teen hierdie tyd het ma en baba mekaar al gevind en julle weet wat vir julle werk. Maar hierdie is ook die tyd wat baie mammas weer terug gaan werk toe.

Party mammas gaan melkies uitpomp en met bottelvoeding begin.
Ander mammas gaan dalk gemengde voeding begin doen met formulemelk as hulle weg is van baba af en borsmelk as hulle weer by baba is.

Teen 3 maande het julle al soort van 'n ritme en roetine. Jy kan al min of meer skat wanneer baba gaan wil voed. Hou steeds aan op aanvraag voed want dit is steeds baba se enigste bron van voeding.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie beveel aan dat babas tot 6 maande eksklusief borsmelk of formulemelk kry. Dit is beter om te wag tot op daardie tydstip omdat baba se magie nog nie sterk genoeg is om vaste kossies te verwerk nie.

As jy nou in die bootjie is van uitmelk (pomp) sal ek jou aanraai om by 'n groep aan te sluit wat jou sal kan bystaan met raad. Hierdie groepe kan jou raad gee met verskillende borspompe of om met die hand uit te melk.

Jy sal ook raad kry oor berging van jou melk. Borsmelk kan gevries word, maar as dit eers ontvries het, moet dit binne 24uur gebruik word.

Dieselfde geld vir as jy gemengde voeding wil probeer. Kry 'n groep waar jy vrae kan vra en waar die mammas op die groep jou kan help met watter formule om te gebruik en watter bottel om te gebruik.

Met albei die bogenoemde situasies sal daar mammas wees wat bekommerd sal wees oor "nipple confusion" of dat hulle die bottel sal verkies en nie meer sal wil borsvoed nie. Daar is 'n metode genaamd "paced bottle feeding" waar die melk via bottel op 'n sekere metode gegee word dat baba steeds sal moet werk vir sy melk en waar dit nie net in sy keel spuit en hy sluk nie.  Gaan lees asb bietjie daaroor op. Baie mammas het groot sukses daarmee.

Laat weet asb wat vir julle werk sodat ons almal ietsie daaruit kan leer.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies