Takies vir kinders in die huis

Ek begin baie vroeg om vir my kinders takies in die huis te gee, nie omdat ek `n slawedrywer is nie maar omdat klein kindertjies dit geniet om te doen wat mamma en pappa doen. 
Hier is `n lysie van werkies wat kinders kan doen van vroeg af.

In die huis:
Groot glasdeure spuit en afvee (was)
Vuil wasgoed in mandjie gooi
Wasgoed in wasmasjien gooi 
Wasgoed in tuimeldroër ingooi en uithaal
Kouse sorteer
Waslappe of klein handdoeke opvou
Wasgoed in kas bêre
Potplante water gee
Speelgoed opruim
Bedjies netjies maak

In die kombuis:
Vee met `n klein besempie
Mop
Opvee met `n klein skoppie en borsel
Tafels afvee
Skottelgoedwasser help uitpak
Saam kosmaak en bak
Tafel dek en afdek
Eie peuselhappie kry bv. eier afdop of vrugte soos piesang skil en sny
Eie skottelgoed was

In die badkamer:
Hande was en afdroog 
Speelgoed uit die bad haal
Hare kam
Tande borsel en wegpak
Handdoeke op lae hakie ophang

Troeteldiere:
Kos gee
Water gee
Hok skoonmaak
Speel met die troeteldier of gaan stap

Buite die huis:
Vee 
Plante water gee
Onkruid uittrek
Help kar was

Daar is nog so baie wat jy as ouer kan byvoeg wat vir julle huisgesin sal werk. Nie alle gesinne is dieselfde nie en ons kinders verskil elkeen. Gebruik hierdie as `n wegspringplek om jou kind/ers meer betrokke te kry in julle huis. 

Groete Mamma S





Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies