Posts

Hospitaalsak vir baba

Image
Met Seun1 het ek al die baba se benodighede sommer saam met my goed in een tas gepak. Dit was nie so effektief soos wat ek dit sou wou hê nie en as jy eers moet soek na piepklein babakousies na `n normale geboorte (of selfs `n keiser) is dit geen grap nie. Met Baba#2 wat vroeg Augustus sy/haar verskyning maak het ek besluit om die hospitaalsak in 2 te verdeel: Een sak vir Baba en een sak vir mamma. Kom ek verduidelik nou wat ek in Baba se sak gepak het. Eerstens die sak wat ek gebruik gaan ook die baba se doekesak word. Die lekker van `n doekesak is dat daar reeds sakkies binne is, sodat jy vir niks hoef te soek nie. Vir die baba se klere pak ek in: ·         Een baie warm onesie ·         2 ander onesies ·         1 paar handskoene ·         1 paar kouse ·         1 paar slip...

Opdatering van Potty training van geboorte af

Ek is bly om te sê dat Seun1 nie sy eerste verjaarsdag in doeke gevier het nie. Op 11 maande het ons hom heeltemal van die doek afgehaal en dra hy net “potty trainers” in die dag. Hy doen baie goed met die verandering alhoewel hy nog glipse   het, gaan hy nie sommer deur meer as 2 “potty trainers” in `n dag nie.   Seun1 weet hoe om te wys as hy toilet wil gaan maar hy wys die teken slegs een keer en as jy dit gemis het, is dit nou maar so. Ek het `n oulike boek aangekoop by Bargian Books genaamd “ Nappy free baby ”. Die skrywer stel dinge `n bietjie meer kras as waarmee ek gemaklik is maar dit is `n eenvoudige uiteensetting vir enige iemand wat meer daaroor wil oplees.   Die skrywer verduidelik in die boek dat peuters vanaf `n jaar tot en met 15 maande deur `n fase gaan waar hulle minder tekens wys omdat hulle ontwikkeling op die ouderdom baie tyd en gedagtes in beslag neem. Sodra hulle oor die fase is sal jy nie glo hoe oulik hulle is om weer te wys of selfs ...

Huweliksbeloftes

Matt 19:4-6: “ ...Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het, en gesê het om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” Hierdie bogenoemde gedeelte is die fondament van ons huwelik. Ons huwelik is `n belofte tussen ons en God om tot die dood toe nie van mekaar te skei nie. `n Belofte aan God noem ons `n gelofte en die Bybel vermaan ons om ons geloftes te betaal. Prediker 5:3 – 4 : “As jy `n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe het. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.” Die huwelik moet ernstig opgevat word, maar die tendens in die wêreld vandag is juis die teenoorgestelde. Mense trou nie meer vandag met die nodige erns wat die huweliksbelofte vereis nie e...

Amish Puzzle Ball

Image
Om `n amish puzzle ball te hekel lyk baie meer ingewikkeld as wat dit regtig is. Die patroon is gratis beskikbaar by http://www.lookatwhatimade.net/crafts/yarn/crochet/free-crochet-patterns/crochet-amish-puzzle-ball/. Hier is die patroon wat ek gevolg het is soos volg. Ek het Country Dubble knit wol gebruik met `n 4mm hekelpen. Jy maak eers 12 halfmane wat bakkies vorm soos volg: (Make 12) These wedges are worked in rows and joined with a seam.  If you would rather make seamless ( spiral ) wedges, see the instructions for the Star Ball . Ch 2.  Make 3 sc’s in the second ch from the hook.  Ch 1 and turn. (3) Sc inc in each st.  Ch 1 and turn.  (6) (Sc inc in the next st, sc in the next st) 3 times.  Ch 1 and turn.  (9) (Sc inc in the next st, sc in the next 2 st’s) 3 times.  Ch 1 and turn.  (12) (Sc inc in the next st, sc in the next 3 st’s) 3 times.  Ch 1 and turn.  (15) (Sc inc in the next st, sc in t...

Beskeie kleredrag

Image
Kan jy `n Christen van `n nie-Christen onderskei gebasseer op sy kleredrag?   Hierdie is `n vraag wat ek al lank oor tob en al baie vir die kinders waarvoor ek skool gegee het, gevra het. Die kinders se antwoord is eenvoudig nee. Ek wonder of moet `n mens nie juis `n onderskeid kan tref nie. As ons nie soos die wêreld moet wees nie, sluit dit seker die wêreld se kleredrag ook in. In 1 Tim 2:9 staan daar geskrywe: “ So ook moet vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,” Uit hierdie vers kan ons sien dat ons nie onsself moet beklee met die klere van die wêreld om die oë gevestig op ons te kry nie, ons moet beskeie aantrek sodat ons mense na God toe kan wys.  Wat is “behoorlike kleding”? Wel dit is `n ander vraag. Ek glo dat as jou klere nie aanstoot vir jou medemens gee nie en as jou kleredrag ook nie `n struikelblok vir mans is nie, is jy op die regte spoor. ...