Posts

Maklike sjokolade resep

Image
 As jy dink dat jy nie kan sjokolade maak in die gemak van jou eie huis nie, dink weer. Hierdie resep is so maklik en boonop heerlik daarby.  Net 3  bestanddele is nodig om die smelt-in-jou-mond sjokolade te maak.  Resep: 1/4 kp heuning 1/4 kp klapperolie 1/2 kp kakaopoeier Metode: Plaas klapperolie in ñ bak en verhit tot loperig. As dit reeds loperig is by kamertempratuur, kan jy net voortgaan.  Voeg nou heuning by en meng.  Voeg nou kakaopoeier bietjie vir bietjie by totdat dit ñ dikkerige maar loperige affêre is.  Gooi nou in vorms soos verlang.  Plaas in vrieskas tot heeltemal hard.  Stoor in vrieskas.  Nota oor vorms: Die beste vorms is sjokolade vorms van silikon wat maklik uitdruk maar ñ ysbakkie met silikon bodems is ook maklik om te gebruik en goedkoop om aan te skaf.  Groete MammaS

Maklikste en lekkerste koekies vir kinders

Image
Hierdie koekies is regtig maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Die kinders kan ook met liefde van die deeg eet omdat dit geen eier bevat nie. Bestanddele:  1 kp botter of goeie margarien 1/2 kp maizena of mielieblom 1/2 kp versiersuiker knippie sout  2 kp koekmeel Metode: Meng saam met die sagte botter die versiersuiker, mielieblom en sout by.  Voeg die helfte van die meel in en meng. Voeg die orige meel bietjie vir bietjie by tot die deeg nie meer taai is nie. Laat deeg in yskas rus vir ten minste `n half uur.  Kan ook gevries word vir latere gebruik. Rol deeg uit en druk vorms.  Bak by 180* C tot ligbruin. Laat afkoel op afkoelrak.

10 Dinge wat kinders moet weet voor hulle 8jaar oud is

 Daar is `n paar algemene dinge wat alle kinders behoort te weet teen die tyd wat hulle 8 jaar oud is. Baie keer maak ons as ouers so staat op die skool dat ons vergeet om seker te maak dat ons kinders hierdie basiese kennis en vaardighede onder die knie het. 1. Om hul naam te skryf `n Kind behoort hul naam en van op die regte manier te skryf en nie alles in hoofletters nie bv. Miané Smit en nie MIANE SMIT nie. 2. Ken hul basiese persoonlike inligting `n Kind behoort sy adres,ouers se name en `n telefoonnommer te ken. `n Kind behoort die volledige geboortedatum te ken, dag, maand en jaar. bv 2 Oktober 2013 3. President `n Kind behoort te weet wie die President is van hul land. 4. Kontinent, land, provinsie en dorp `n Kind behoort deur hul kontinent, land, provinsie en dorp te ken te kan bepaal waar op die wêreldkaart hy homself bevind.bv Afrika, Suid-Afrika, Noord-Kaap, Kathu. 5. Om `n baiese ete te kan maak Dalk roereiers in die mikrogolf of `n broodjie te kan smeer. Net iets eenv...

Beste ongebakte melktert

Image
 Die resep is so eenvoudig, `n beginner kan dit met sukses maak. ****Kors kan bestaan uit tennisbeskuitjies of gekoopte/gemaakte kors of geen.**** Bestanddele: 1lt melk 2tl botter/margarien 200 ml suiker 3 eiers 80 ml maizena 80ml koekmeel of jy kan maizena los en 160ml koekmeel gebruik 1/2 tl sout Metode: Gooi melk en margarien in pot en laat stadig tot kookpunt kom. Gooi suiker, sout, eiers, maizena(of nie) en koekmeel in `n bak en meng goed saam. Neem nou `n 1/2 kp van die melk uit die pot en voeg dit stadig by die eiermengsel en klits deeglik. ***Hierdie proses is "temepering". En dit is wanneer rou eiers eers warm vloeistof bykry voordat jy dit by die warm vloeistof ingooi. Indien jy dit nie doen nie sal jy roereiers in melk kry.  Gooi nou die eiermengsel stadig by die kokende melk en klits nou aanhoudend sodat dit nie aanbrand of klonte maak nie.  Gooi in `n voorbereide tertbak. Plaas in yskas om af te koel. Sprinkel dan kaneel oor die koue melktert en geniet. Hoop ...

Na-geboorte naelstring versorging

Image
Ek dink een van die dinge wat alle mammas pla van pasgebore babas is die ou naelstring stompie wat in die pad is. Jy sukkel met doek omruil of klere wat daaraan vashaak. En in sommige gevalle kan die naelstring stompie ook infeksie kry. Maar wat kan jy doen om die naelstring te versorg? Hier is `n paar wenke as dit by die versorging van die naelstring kom: (LW! Ek is nie `n mediese dokter nie, net `n mamma wat haar ervaring met 3 kinders en die ervarings van ander mammas met julle deel) 1. Hou die naelstring droog . Laat die kleinding soveel as moontlik oop wees. Lê hom in `n sonkolletjie waar die son deur `n venster skyn. 2. Probeer om hom nie te bad  totdat die naelstring af is nie . Gebruik eerder `n sponsie of `n waslap om baba net af te vee.  3. Gebruik Witch Haze l (sonder alkohol) (beskikbaar by enige apteek) om aan te smeer wat help om die naelstring uit te droog en vinniger te laat afval. 4. Daar is ook studies wat wys dat borriepoeier sterk anti-inflammatoriese eien...

Hoe om gehoorsame kinders groot te maak

Image
Ek het onlangs `n baie oulike video gesien van `n gesin met 6 seuns. Dit is baie mooi uiteengesit hoe hulle streef om gehoorsame kinders groot te maak.  Hier is die skakel indien jy die video self wil kyk: Tiny notes from Home   Wat ek hieruit geleer het en streef om te doen is die volgende 10 dinge: Hoop julle leer ook iets hieruit. Groete MammaS

Takies vir kinders in die huis

Ek begin baie vroeg om vir my kinders takies in die huis te gee, nie omdat ek `n slawedrywer is nie maar omdat klein kindertjies dit geniet om te doen wat mamma en pappa doen.  Hier is `n lysie van werkies wat kinders kan doen van vroeg af. In die huis: Groot glasdeure spuit en afvee (was) Vuil wasgoed in mandjie gooi Wasgoed in wasmasjien gooi  Wasgoed in tuimeldroër ingooi en uithaal Kouse sorteer Waslappe of klein handdoeke opvou Wasgoed in kas bêre Potplante water gee Speelgoed opruim Bedjies netjies maak In die kombuis: Vee met `n klein besempie Mop Opvee met `n klein skoppie en borsel Tafels afvee Skottelgoedwasser help uitpak Saam kosmaak en bak Tafel dek en afdek Eie peuselhappie kry bv. eier afdop of vrugte soos piesang skil en sny Eie skottelgoed was In die badkamer: Hande was en afdroog  Speelgoed uit die bad haal Hare kam Tande borsel en wegpak Handdoeke op lae hakie ophang Troeteldiere: Kos gee Water  gee Hok skoonmaak Speel met die troeteldier of g...