GBS-Grunting Baby Syndrome

Toe Seun2 `n pasgeborebaba (week 1-6) was het hy baie gekreun en gesteun om winde ondertoe te laat gaan. Ons het maar geskud en gevryf en mettertyd het dit beter geword en dit was die einde van die storie.

Nou met Sus0 wat 6 weke oud is en dieselfde gekreun en gesteun daagliks deurgaan (en snags veel erger het) het ons `n bietjie anderste benadering. Hier is `n paar wenke:

1. Bad elke aand voor bed
Die warm water laat hulle magies ontspan en dan kom die winde baie makliker uit.

2. Gee natuurlike medisyne (kruie)
Ons gee elke aand 0,5ml Spasmopep Junior en sien `n merkbare verskil gedurende die nag.

3.Beoefen potjie lesse van geboorte af
Wanneer Sus0 begin kreun en steun haal ek haar doek af en hou haar in die "newborn hold" oor die toilet. Die posisie sowel as gravitasie laat die dinge sommer vinnig gebeur.
(lees meer oor ons potjielesse vanaf geboorte)

4.Slaap op `n effense helling
Dit help om `n pasgebore baba ook te laat slaap op `n kussing wat bietjie gelig is.

5. Masseer baba se magie
Dit kan ook help om baba se magie met die "ILoveU" tegniek te masseer.

Hoop al hierdie wenke help `n mamma om beter te slaap.

Groete MammaS



Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies