Sus0 se geboorte

Sus0 is op 12 Aug 2017 om 13:08 gebore.

Mamma was 40 Weke en 2 dae swanger.
Ek het gereelde kontraksie gekry vanaf 38weke, maar op 40 weke presies het ek kontraksies gekry wat 10 minute uitmekaar was en `n patroon begin volg het. Na 12 ure het ons besluit om hospitaal toe te gaan om te kyk hoe dinge verloop. Daar is ek gemonitor om die kontraksies te meet (wat steeds 10 minute uitmekaar uit was). Die suster het my toe ingelig dat alhoewel ek gereelde kontraksie kry wat sterk was, was ek steeds nie in kraam nie. Ek is huis toe en het die hele volgende dag kontraksies gekry. Teen die aand was dit gereelde 10 minute kontraksies en het ek heel aand op die bal gesit en slaap. Teen die volgende oggend was ek gedaan. Ons het besluit om te kyk hoe dinge deur die dag vorder maar as dit nie verbeter nie, sal ons teen die middag die dokter bel om te hoor of ek nie iets kan kry sodat ek net kan slaap nie, want vir `n derde slapelose nag het ek nie kans gesien nie.

Ons het ook `n troue 15:00 gehad om by te woon. Teen 9:00 het ons besluit om te gaan stap. Ek het gestap en dan gestop om die kontraksie verby te kry en dan weer verder gestap. Ek het selfs tussen in bietjie gedraf. Seun 2 se slaaptyd was 11:00 en teen daardie tyd was die kontraksie sterk maar heeltemal doenbaar. Ek het besluit dat as hy in die bed is, ons(ek en my ma) hospitaal sal ry en pappa sal na Seun2 omsien. Ons het 11:30 by die hospitaal gekom. My kontraksies het vinnig nader aanmekaar geskuif in daardie tyd en was nou net 5 minute uitmekaar uit. Uiteindelik was ek in aktiewe kraam. Die suster kon glad nie bepaal hoe ver ek ontsluit was nie omdat my water in die pad was. Sy het die dokter gebel om te vra of sy die water kon breek, maar kon nie die dokter in die hande kry nie. Ek het toestemming gegee dat sy my water breek teen 12:30 en binne 30 minute was dit druktyd. Die drukproses was regtig uitputtend omdat my kragte al min was maar na net 8 minute van druk was baba uit en het ons vir die eerste keer gehoor dit is `n dogtertjie! (Die dokter het dit toe nie gemaak nie!)

Dit was die beste geboorte ooit! Ek kan nie wag vir #3 nie. Daar is soveel positiewe dinge wat voortvloei uit natuurlike kraam: Nie net voel jy "on top of the world"nie, die herstelproses is net soveel makliker. Sus0is op Saterdag gebore en ek was Maandag terug by die skool en het Donderdag reeds hokkie gaan speel.

Ek hoop dat meer vrouens daar buite sal begin glo in die vermoë waarmee God ons liggame geskape het. `n Vrou is gebou om natuurlik te kan kraam met `n innerlik krag wat verstand te bowe gaan. Dis asemrowend.

Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies