Borsvoeding vanaf geboorte (0-3maande)

Borsvoeding voel dalk na die natuurlike opsie om jou baba te voed, maar baie mammas sal vir jou sê dat dit nie altyd so natuurlik kom nie. Maar soos met alles in die lewe, met die regte kennis en bystand sal jy dit ook kan doen.

Hier is `n paar wenke oor wat jy algemeen kan verwag:

Geboorte: Jou melk is net kolostrum,jou borste voel sag en baba drink min want hul het slegs 5ml nodig per voeding. Baba kan langer aan bors wees net vir "bonding".

Wat kan jy doen?
Binne die eerste uur na geboorte moet jy probeer om baba te laat latch en sy eerste melkies in te neem. Laat baba baie vel-teen-vel lê en laat baba drink soveel as wat hy wil vir solank as wat hy wil.

Dag 3-4: Jou melk kom in. Jou borste voel soos klippe. Moenie uitpomp nie.
Baba drink nou meer gereeld, tot elke 2ure. Baba moet nou 8-12 keer in 24 uur drink. 6 nat doeke en 'n paar vuil doeke is normaal.

Wat kan jy doen?
Laat baba gereeld drink sodat hy kan help om verligting te gee. As dit vreeslik ongemaklik is, kan jy 'n bietjie met die hand uitdruk om verligting te gee. Selfs koue koolblare kan op jou borste geplaas word as dit pynlik is. Maar asb moenie uitpomp nie, want dan maak jou liggaam net nog soveel melk. Onthou borsvoeding werk volgens vraag en aanbod. Hoe meer melk uit, hoe meer melk in.

1-6 weke: Jou melkproduksie skommel nou nog rond om die regte hoeveelheid altyd beskikbaar te hê. In hierdie tyd kan baba soms ook "cluster feed". Dit is wanneer baba baie drink en selfs ure net aan die bors wil wees. Wanneer jou melkproduksie gevestig is, sal jy ook meer gemaklik wees en nie soms oorvol borste en soms pap borste hê nie.

Wat kan jy doen?
Moenie begin pomp nie, anders gaan jou melkproduksie nie 'n balans vind nie. Laat baba net drink wanneer hy wil en vergeet van vol en leeg. Dis nog net die begin en babas se drinkpatrone is nog glad nie gevestig nie. Probeer dat baba vroegaand clusterfeed om hom langer te laat slaap die eerste ruk van die nag.

6-12 weke: Jou melkproduksie bereik nou 'n plato en is nou redelik gevestig. Baba sal nou ook meer in 'n patroon begin drink. Jy kan nou begin uitpomp indien jy melkies wil opbou of per bottel wil gee.

Wat kan jy doen?
Bied steeds melk op aanvraag aan. Moenie bekommerd wees as baba nou vinniger drink per voeding en langer uithou tussen voedings nie, want baba raak nou 'n sterk suiger wat vinniger en meer melk kan uitkry. Jy kan melk uitpomp maar dis nie 'n vereiste nie.

Ek hoop hierdie gee 'n paar mammas 'n idee wat om te verwag.
Laat weet asb wat vir jou gewerk het. Dan kan ons almal van mekaar leer.

Groete
Mamma S


Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies