Roetine vir baba

Kinders floreer op roetine. Dit laat hulle selfversekerd voel as hulle weet wat om te verwag. Wanneer jy vir jou kinders 'n roetine in plek sit, leer dit hulle om te verstaan dat daar 'n natuurlike vloei in die dag is.


Babas stel onwetend self hul eie vloei van vroeg af op deur na 'n sekere aantal ure honger te wees of moeg te wees en kan jy maklik daarvolgens vir hulle 'n roetine bepaal.

Ons dag roetine lyk soos volg vir baba 0-3maande:
5:30 Opstaan
7:00 Slapie 1
9:00 Wakker tyd
10:30/11:00 Slapie 2
12:30/13:00 Wakker tyd
14:00/14:30 Slapie 3
15:00/15:30 Wakker tyd
17:00 Badtyd
18:00 Slaap vir die nag

Ek voed op aanvraag deur die dag.
Drink nog so paar keer in die nag en dan herhaal ons weer.

Wees net altyd aanpasbaar as baba groeistadiums of siektetye deur gaan.

Onthou hierdie is net 'n riglyn en nie die wet nie. Doen wat vir jou gesin werk.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies