Elke mamma wil voorbereid wees vir die koms van haar baba. Maar elke aftiklysie van wat belangrik is vir baba sê net medisyne vir baba . Nou wat nou gemaak? Hierdie is my lysie van die medisyne wat jy gerus kan aanhou in jou huis. Jy hoef nie `n apteek aan te hou binne jou huis nie, maar `n paar essensiële items kan jou net help deur `n moeilike aand. Ek probeer so natuurlik as moontlik gaan met `n paar uitsonderings. Termometer - Digitaal en infrarooi is baie gerieflik. Baba paracetamol soos Panado of Calpol vir koors/pyn (maak net seker dis ouderdom gepas) Spasmopep Junior vir winde ( kliek hier en lees gerus meer hieroor ) Naelknipper of skêrtjie Medisyne drupper Snotsuiger soos Nose Frida of bulb syringe Saline druppels (soutwater) of borsmelk Vicks Baby of bloekomolie Petroleum jellie of klapperolie vir die eerste doeke Boudsalf of Sinksalf of mielieblom ( kliek hier ...
Voordat Seun0 gebore is, het ek reeds `n verskeidenheid medisyne vir winde gekry om die baba mee te dokter wanneer die onvermydelike winde hulle verskyning maak. Min het ek geweet wat in dié medisyne is en of dit my baba gaan help. Krampwater is die mees bekende doepa om vir die ou kleine wesie te gee wanneer die winde hulle uit die slaap uit hou, maar nadat ek dit een keer vrugteloos probeer het was ek vinnig opsoek na `n alternatief. Aptekers en ander mammas het voorgestel ek probeer koliekdruppels , maar ek het geweet dat Seun0 nie koliek het nie en wou dus nie vir hom medikasie gee vir iets wat hy nie eers het nie. Met my 6 weke ondersoek het ek net so terloops die dokter gevra wat haar voorstel is om te gebruik aangesien Seun0 nog baie klein was. Sy het Reutrina druppels of probiotiese druppels of poeier voorgestel. Ek het hierna die apteek besoek en agter op die boksies begin lees. Niks het vir my natuurlik geklink behalwe die water daarin nie. Ek was steeds opso...
As jy opsoek is na `n alternatief vir lekkergoed vol suiker of jou babatjie begin nou eers eet is hierdie resep ideaal vir jou. Dit bevat slegs 4 bestanddele, is vegan, gesond en boonop alles lekker. BESTANDDELE: 1 1/2 kp Dadels (maak sag deur in kookwater te laat lê) 2 el kakao 1 kp hawermout (oats) 1 kp klapper STAP 1: Maak dadels fyn met `n voedselverwerker, smoothie maker of `n staafmenger. STAP 2: Gooi die droë bestanddele by en meng deeglik. STAP 3: Rol balletjie en plaas op bakplaat of iets met `n plat oppervlakte soos `n deksel en sit in vrieskas. OPSIONEEL: Rol laastens in ekstra klapper of kakao. Ek hoop julle geniet dit net so baie soos my kinders. Groete Mamma S
Comments
Post a Comment